Vroue wys staal

Vroue wys staal

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die VGK Ring van Caledon se Vrouediens het op Saterdag, 9 Augustus 2014 ‘n optog vir Vrouedag vanaf Gansbaai Biblioteek tot by Gansbaai Primêr se skoolsaal gereël. Hierdie inisiatief is onder leiding van die voorsitter, Martie Priga gereël en is deur sowat 300 vroue vanuit die Ring bygewoon: Gansbaai, Caledon, Bredasdorp, Grabouw, Villiersdorp, Groenland, Tesselaarsdal en Overberg.

Die optog het goed verloop, met ‘n gesellige en goed-georganiseerde Vrouedag-program vir die res van die dag. Hierby was ingesluit ‘n smaaklike Vis- & Patat braai, enkele toesprake, samesang, boeresport en groot vreugdes en opgewondenhede. Boeresport-items was onder andere 50m resies, eier & lepel, naald & gare en sakresies. Die Groen-, Rooi-, Geel- en Blouspanne is uit verteenwoordigers vanuit verskillende gemeentes saamgestel, met die Geelspan wat gewen het.

Magrieta Adams, Bestuurder: Silwerjare Dienssentrum het die verwelkoming waargeneem, met Martie Priga wat die bedankings gedoen het. Nellie Jimlo (72) het die openingsgebed gedoen. Past Jacob Prins het as seremoniemeester en gasspreker opgetree en die gaste met ‘n Bybelse boodskap gelei, met ‘n spesiale en toepaslike boodskap oor die deugde van die hedendaagse vrou. Margi Muller en haar span dansende dogters van Masakhane het die vrouens behoorlik op hol gehad, met eindelose applous. Hulle laaste dans het hulle voor die verhoog uitgevoer, met ‘n groot hoeveelheid vrouens wat spontaan aan die dansery meegedoen het.

Die musiekmakers, wat ook voor in die optog gery het, was André Felix en Samuel Jacobs. Die flinke braaiers was Fanie Elias, Karin Belport, Nadia Hoogbaard en Sydney Lottering.

“Ek bedank graag die Gansbaai-vrouens vir hul samewerking, die Ring van Caledon se verteenwoordigers, Margi Muller en haar dansertjies van Masakhane, ons wonderlike gasspreker, past Jacob Prins vir sy treffende boodskap en sommer vir almal wat ‘n bydrae tot ‘n baie suksesvolle Vrouedag in Gansbaai gelewer het,” sê Magrieta.

 Hardus Botha

Vroue wys staal

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles