Nog iets oor hengel

Nog iets oor hengel

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Nog steeds nie van die groot menere nie, maar dit beteken nie jy kan nie genoeg vang van die ander spesies nie. Die afgelope naweek was dit ook maar treurig wat die lang stokke betref en boonop was die water so helder dat jy in elk geval nie ‘n vis moes verwag nie. Die wat wel gelukkig was om ‘n vissie te haak wás eenvoudig gelukkig. Skrale troos was tekens van (‘n) snoek wat in die nette gewaar was.

Aas, sekerlik een van die interessantste aspekte van hengel.

Bygesê, jy moet jou aas gaan “maak” en nie koop by ‘n winkel nie. Daarmee word bedoel, jy gaan jou aas grawe, kap of pomp, of sommer net optel  --  dit ressorteer onder “maak”.

Kom ons begin sommer met die term, ryp. Ryp rooiaas. Daar is ‘n groot verskil tussen rypgemaakte en vrot rooiaas. Vrot is vrot, die rooiaas word opgetel, en of dit in daardie stadium nog vars is tel bitter min. Somtyds is dit reeds so vrot dat jy net moet keer wanneer jy die kop probeer oopsny. So ‘n vrotsige treksel skuins oor jou gesig beteken net moeilikheid indien jy so huis toe gaan! Dit is ook so dat hierdie vrot rooiaas met sy spesiale klank somtyds deur veral galjoen bo enige ander aas verkies word. Vind gerus maar ‘n wegsteekplekkie vir so ‘n asie wanneer dit sulke tyd is. Dit het al gebeur dat ‘n sykous ingespan moet word om hierdie vrotsige spul aan die hoek te hou. Indien jy hierdie aas windop ook kan ruik  --  dis mos vrot!

Met rypgemaakte rooiaas is dit ‘n ander storie. ‘n Maat van my het syne so bewerk: ‘n Groot glasbottel met ‘n wye nek word met vars rooiaas gevul en dan word ‘n paar hande vol growwesout bygevoeg. Laat die fles so sonder deksel vir ‘n volle twee weke staan en haal die aas dan uit en plaas in ‘n aasmandjie . Vir ‘n week hang die mandjie met sy  waardevolle inhoud dan aan ‘n tak van ‘n groot boom (die maat van my sê dit móét ‘n melkhoutboom wees!) Die lug moet vrylik daardeur kan beweeg. Indien die aas dan so ‘n soet/souterige lekker seereuk het, is hy reg. Ruik gerus!

Witmossel is lank gelede dikwels met suiker (meestal bruinsuiker) behandel. As alternatief word natuurlik growwesout gebruik. Dan word die uitgesnyde mossel op ‘n gaasdraad in die son gelê, waar dit kliphard word. Dit moes eers in die sout water geweek word voor dit bruikbaar was. Dis nie meer vandag aan te beveel nie!

Daar is nog baie ander ase  --  om maar net ‘n paar te noem,  krewels (daar is maniere om hierdie wonderaas te bewaar, ek sê maar), wurms (hulle hoef ook nie vermors te word nie) en sommer baie ander. Ons benodig ‘n boek.

Groete, Seemeeu  

Nog iets oor hengel

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles