Ophou rugby speel sal Black Leaves nooit nie. Maar, met die klub se 40 jarige bestaan vanjaar gaan die nasie maar gebuk onder die teenstanders.
Ag, Ja man, laas Saterdag het die Grabouwers (SAFCOL) weer daar anderkant tussen die appelboorde met die Baai "afgeshow" (31-5), maar die Baai was daar! Hulle wil al weer komende Saterdag 16 Augustus 2014 die rooi truie van Bredasdorp (Standards) hier in die "Gaatjie" laat bontstaan.
Ons skryf nie meer lekker aan die verloor berigte nie, maar gaan dit so waar as wragtig laat spook by julle met 'n terugblik wat 40jaar terug ontstaan en plaasgevind het. 'n Bewusmaking van die klub se feesvieringe vanjaar sal binnekort deurgegee word.
Om dan kortliks af te sluit met amperse trane, roer jul gat Saterdag manne en ons vier sommer die bokke se wen ook saam. O ja, miskien die All Blacks s'n ook.
So sê Bra G