Die Birkenhead Boothengelklub se maandelikse kompetisies is sedert Meimaand deur gure weer gefnuik, maar op 9 Augustus kon die boothengelaars weer hul slag vir ‘n slag wys en die see was rustig en kalm.
Marie Reid van Marie's Boutique, Art & Beauty Shop se beloofde borgskap (R500) sedert Meimaand, kon uiteindelik realiseer. ‘n Goeie aantal bote (5) het ingeskryf, met ‘n totale bemanning van 14 wat deelgeneem het. 10 verskillende spesies is ingeweeg en die totale aantal vis was 114 met 'n totale massa van 81.85kg, wat ‘n gemiddeld van 5.85kg per hengelaar beteken. Volledige uitslae is soos volg: swaarste en 2de swaarste vis, De Wet Giliomee (Rooi Romans - 2.55kg en 2.2kg); swaarste sak, Philip Fourie (6 spesies - 13.80 punte); 2de swaarste sak, De Wet Giliomee (3 spesies - 13.26 punte); swaarste bootgemiddeld, Relêks 2 van Jean Downing (6 spesies - 12.05 punte); 2de swaarste bootgemiddeld, Nu Nu van Johan Burmeister (7 spesies - 11.79 punte). Die 1ste 3 voorlopers in die onderskeie kategorieë is: Bootkampioene - Nu-Nu van Johan Burmeister (39.59 punte); Relêks 2 van Jean Downing (34.80 punte); Laura 2 van Raymond Rabe (26.30 punte). Mans Visvangkampioene - Johan Burmeister (37.12 punte); Jean Downing (30.68 punte); Philip Fourie (29.13 punte); Dames Visvangkampioen - Dixie Walsh (14.86 punte). Dan het Jean Downing ‘n Kinnebakvis (Jutjaw) (Parascorpis typus) gevang wat baie selde gevang word. Ná die fotosessie is die vis weer vrygelaat.
Die volgende boothengelkompetisie is vir Saterdag, 27 September 2014 saam met Overberg Boothengelklub geskeduleer. Op Saterdag, 6 September sal daar dus net die normale, maar gesellige aandfunksie wees, maar in die vorm van ‘n Lentedans met maskers.
Kompetisienavrae kan aan Johan Burmeister, wedstrydsekretaris, by 082-895-7647 gerig word en Klubnavrae aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634.
Hardus Botha