Overberg Landlope

Overberg Landlope

Gansbaai Courant

Die onlangse Wes-Kaapse Skole Landloop byeenkoms in Gansbaai kan as ‘n groot sukses beskryf word en was ook ‘n eerste vir Gansbaai. Die byeenkoms het gedien as voorbereiding en kwalifisering vir die komende Kampioenskappe op 30 Augustus vanjaar. Die program het vir sowat 18 items, met afstande tussen 2km en 12km en vir 11 skole met sowat 123 deelnemers voorsiening gemaak.

Gansbaai Primêr

Marieta Rademeyer, organiseerder namens Gansbaai Primêr as gasheer, laat weet die volgende rakende Gansbaai Primêr se Landloopkampioene: “Hierdie was die eerste landloopbyeenkoms van sy soort in Gansbaai en Gansbaai Primêr het trots ingestem om as gasheer op te tree, wat ook ‘n eerste vir ons is. Die wyse waarop die Beheerliggaam en die gemeenskap betrokke geraak het, het ons harte laat warm klop en mnr Lewis en sy Jeugspan het as beamptes opgetree.” Marieta rig graag die volgende bedankings: Agulhas Vaardigheidskool (sertifikate), Gansbaai Courant, Gansbaai Lionsklub (6 kratte x 1.5ltr coke), Gansbaai Toerisme se Glenda Kitley (waterbottels en drasakke), Gansbaai SAPD, Grootbos Football Foundation, Overstrand Medical Response, Ricardo Plaatjies en vele ander borge waarsonder die byeenkoms nie so ‘n groot sukses sou kon wees nie. Die volgende Gansbaai Primêr deelnemers het plekke in die Overberg Atketiekspan behaal: Alvino Cupido, 1ste 3km o/12; Belnay Gabriëls, 1ste 3km o/13; Cathleen Olivier (nie op foto), 1ste 2km o/10; Charmonique September, 2de 4km o/14; Esoline Arendse, 3de 3km o/12; Maryke Willemse, 2de 3km o/12 en Roxanne Buys (nie op foto), 3de 2km o/10.

Gansbaai Academia

Liezel Mostert laat weet die volgende rakende Gansbaai Academia se Landloopkampioene: Tydens twee geleenthede het Academia se landlopers uitsonderlik presteer. Gedurende die Julie-vakansie het leerders aan ‘n halfmaraton in Knysna deelgeneem. Ondanks meer as 7,000 deelnemers, het Academia se 3 landlopers gekwalifiseer vir ‘n tyd en medaljes. Hulle het onderskeidelik 14e (Themba Mangali), 35e (Thembasile Mangali) en 105e (Marco Maarman) plekke behaal. Onlangs het die drie leerders ook aan die Overberg Landloop byeenkoms te Gansbaai deelgeneem. Themba Mangali het eerste in die 4km wedloop vir senior mans gekom, met ‘n tyd van 16 minute, 21 sekondes. Sy tweelingbroer, Thembasile Mangali, het tweede gekom met ‘n tyd van 16 minute, 28 sekondes. Marco Maarman het eerste gekom in die 8km wedloop vir junior mans met ‘n tyd van 38 minute, 28 sekondes.

Hardus Botha

Overberg Landlope

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles