Overberg Landlope

Overberg Landlope

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die onlangse Wes-Kaapse Skole Landloop byeenkoms in Gansbaai kan as ‘n groot sukses beskryf word en was ook ‘n eerste vir Gansbaai. Die byeenkoms het gedien as voorbereiding en kwalifisering vir die komende Kampioenskappe op 30 Augustus vanjaar. Die program het vir sowat 18 items, met afstande tussen 2km en 12km en vir 11 skole met sowat 123 deelnemers voorsiening gemaak.

Gansbaai Primêr

Marieta Rademeyer, organiseerder namens Gansbaai Primêr as gasheer, laat weet die volgende rakende Gansbaai Primêr se Landloopkampioene: “Hierdie was die eerste landloopbyeenkoms van sy soort in Gansbaai en Gansbaai Primêr het trots ingestem om as gasheer op te tree, wat ook ‘n eerste vir ons is. Die wyse waarop die Beheerliggaam en die gemeenskap betrokke geraak het, het ons harte laat warm klop en mnr Lewis en sy Jeugspan het as beamptes opgetree.” Marieta rig graag die volgende bedankings: Agulhas Vaardigheidskool (sertifikate), Gansbaai Courant, Gansbaai Lionsklub (6 kratte x 1.5ltr coke), Gansbaai Toerisme se Glenda Kitley (waterbottels en drasakke), Gansbaai SAPD, Grootbos Football Foundation, Overstrand Medical Response, Ricardo Plaatjies en vele ander borge waarsonder die byeenkoms nie so ‘n groot sukses sou kon wees nie. Die volgende Gansbaai Primêr deelnemers het plekke in die Overberg Atketiekspan behaal: Alvino Cupido, 1ste 3km o/12; Belnay Gabriëls, 1ste 3km o/13; Cathleen Olivier (nie op foto), 1ste 2km o/10; Charmonique September, 2de 4km o/14; Esoline Arendse, 3de 3km o/12; Maryke Willemse, 2de 3km o/12 en Roxanne Buys (nie op foto), 3de 2km o/10.

Gansbaai Academia

Liezel Mostert laat weet die volgende rakende Gansbaai Academia se Landloopkampioene: Tydens twee geleenthede het Academia se landlopers uitsonderlik presteer. Gedurende die Julie-vakansie het leerders aan ‘n halfmaraton in Knysna deelgeneem. Ondanks meer as 7,000 deelnemers, het Academia se 3 landlopers gekwalifiseer vir ‘n tyd en medaljes. Hulle het onderskeidelik 14e (Themba Mangali), 35e (Thembasile Mangali) en 105e (Marco Maarman) plekke behaal. Onlangs het die drie leerders ook aan die Overberg Landloop byeenkoms te Gansbaai deelgeneem. Themba Mangali het eerste in die 4km wedloop vir senior mans gekom, met ‘n tyd van 16 minute, 21 sekondes. Sy tweelingbroer, Thembasile Mangali, het tweede gekom met ‘n tyd van 16 minute, 28 sekondes. Marco Maarman het eerste gekom in die 8km wedloop vir junior mans met ‘n tyd van 38 minute, 28 sekondes.

Hardus Botha

Overberg Landlope

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles