Pearly Beach Noodhulp slaggereed

Pearly Beach Noodhulp slaggereed

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Die noodhulpdienste deur die Noodhulpkamer van Pearly Beach sal nooit en onder geen omstandighede verander nie en dit gaan steeds baie goed met die bedryf daarvan,” vertel Ilse Keet, sameroeper van die span vrywilligers. Die res van die span bestaan uit Jannie Brand, Kleintjie van Eeden, Linda Chapman en Marleen Haddon, asook Rooibier Pub & Restaurant se personeel wat altyd beskikbaar is en gewillig is om te help. “Ons bedank egter die hele gemeenskap van Pearly Beach vir al die ondersteuning,” sê Ilse.

“Die omgee en saamstaan deur die inwoners wanneer iemand ernstige siek word, is merkwaardig.” Pearly Beach Noodhulpkamer is op 14 Maart 2013 deur Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, rdl Nicolette Botha-Guthrie, geopen is. Die gebou is deur die Overstrandse Munisipaliteit, asook met fondse wat deur die Noodhulpkamer ingesamel is, opgerig.

Die inisiatief hiervoor is reeds gedurende 1994 van stapel gestuur. Die personeel werk ook steeds baie nou saam met Gansbaai se mediese dokters, asook Overstrand Medical Response. Die bedryfspan voel ook trots op ‘n onlangse inspeksie deur die Dept van Gesondheid. Die beamptes het hul tevredenheid daarmee, asook die bedryf daarvan, uitgespreek. Naas die noodhulpdienste wat in die gebou aangebied word, word sommige dienste ook tuis gelewer, óf tydens motorongelukke óf op die strand tydens see-reddingsaksies.

Vir die nodige fondse om die Noodhulpkamer te bedryf, word daar slegs op donasies en fondsinsamelingsprojekte gesteun. Ilse rig graag die volgende bedankings: Secma International Security van Eben Visser (sekuriteitsborg); Mnr Kat Myburgh van Gansbaai Munisipaliteit en rdl Dudley Coetzee, Wyksraadslid vir Pearly Beach (ondersteuning); Suster Tertia Scholtz wat weens ander verpligtinge nie meer beskikbaar is nie (hulp en ondersteuning). Die Noodhulpkamer het die behoefte aan Hospice-teenwoordigheid te Pearly Beach raakgesien en die eerste Hospice-byeenkoms het reeds plaasgevind (sien berig in hierdie uitgawe).

Vir navrae en/of ondersteuning, kan Ilse by 083-962-4719 geskakel word, of stuur 'n e-pos aan haar by ilsekeet@gmail.com.

Die noodnommer van Pearly Beach Noodhulpkamer is 082-707-1811.

Hardus Botha

Pearly Beach Noodhulp slaggereed

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...

Gans-Berg Nuus / News
Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

See All Articles