Twee Gansbaaiers, ‘n plaaslike kunstenaar en ‘n besigheidsvrou, is nie bietjie trots daarop dat hulle deur Overberg Splash uitgesonder is nie. Splash se joernalis het onlangs ‘n draai by Marie Reid se Marie’s Marie’s Boutique Art and Beauty Shop in Kerkstraat 42 gemaak en sodoende ook op Susan le Roux Wagener, ‘n plaaslike kunstenaar, se pragtige skildery afgekom.
“Die winkel is voorwaar ‘n diamant wat in Kerkstraat weggesteek is, met ‘n verskeidenheid van kunswerke, klerasie, ornamente, juweliersware en veel meer,” het die joernalis gesê. Ná genoemde besoek, pryk Susan se skildery op Overberg Splash se voorblad van die uitgawe vir Augustus 2014, Uitgawe 55, met spesiale verwysing na Marie’s Boutique Art Beauty Shop op die inhoudsbladsy.
Die redakteur, Peter van Schaik, verwys ook na Vrouedag op 9 Augustus, met ‘n aanhaling van Margaret Thatcher: “If you want something said, ask a man; if you want something done, ask a woman.”
Hardus Botha