Voel jy nog NUTTIG vir GOD selfs al is jy oud

Voel jy nog NUTTIG vir GOD selfs al is jy oud

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“U het my van jongs af onderrig, o GOD, en ek getuig nou nog van u kragtige dade. Nou dat ek oud en grys geword het, moet U my tog nie alleen laat nie, o GOD, dat ek nog aan die geslagte wat kom, kan vertel van u werk en u mag.” (Ps 71:17,18) 

“I’ve outlived my usefulness.” Dit was die woorde van ’n Amerikaner, Bill Knight,  toe hy eenkeer moes antwoord of hy nog nuttig voel. Hy was al baie oud en eensaam. Toe besluit hy om Amerikaanse soldate wat uit Irak teruggekeer het by ’n plaaslike lughawe te verwelkom. Net dit. Hierdie eenvoudige stukkie omgee het kort voor lank wyd bekend geraak. Vele ander bejaardes het sy voorbeeld begin volg. Bill Knight se opregte handdruk waarmee hy terugkerende soldate verwelkom het, het vir baie mense sinoniem geword met omgee. Later het selfs George Bush, die eertydse Amerikaanse president hom ontmoet. Ook daar is ’n dokumentêre film oor hom en ander ouer persone gemaak wat soldate gaan verwelkom het.

Hoeveel van ons dink dat ons niks meer beteken vir GOD en Sy Koninkryk omdat ons al oud geword het, te jonk is, of dalk nie baie geld besit of onbekwaam voel nie. Jesus het geweet hoe maklik mense hulleself kan afbreek omdat hulle onbelangrik voel. Daarom het hy op ’n dag gesê dat nie eens die kleinste daad van deernis, soos om ’n beker koue water aan een van sy kinders te gee, ongesiens by GOD verbygaan nie. (Mat. 10:42 Onthou net dat jou woord van bemoediging, jou vriendelike glimlag of jou sagte oë teenoor iemand anders daardie persoon se hele lewe kan verander. As jy uit jou huis uitgaan word die wêreld om jou GOD se werksplek. Hy gebruik jou om by iemand te gaan stilstaan en belangstellend te vra hoe dit gaan. Jou handdruk, jou aanraking word in GOD se plan ingewerk as ’n daad van Jesus se liefde. Een vir een, daad vir daad begin jy die wêreld verander en is jy meer as nuttig in GOD se koninkryk op aarde.

As ek en jy, of ons baie oud of baie jonk is, net van vandag af begin om aan die één mens wat gedurende die dag op jou pad kom, één daad van deernis en omgee te doen, sal die wonderwerkende krag van GOD se liefde die aarde begin verander. Wie weet hoe nodig die mense om jou na liefde soek nie. Kom laat ons nie langer talm om aan mekaar daardie één daad van omgee te doen nie.

Voel jy nog NUTTIG vir GOD selfs al is jy oud

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles