Voel jy nog NUTTIG vir GOD selfs al is jy oud

Voel jy nog NUTTIG vir GOD selfs al is jy oud

Gansbaai Courant

“U het my van jongs af onderrig, o GOD, en ek getuig nou nog van u kragtige dade. Nou dat ek oud en grys geword het, moet U my tog nie alleen laat nie, o GOD, dat ek nog aan die geslagte wat kom, kan vertel van u werk en u mag.” (Ps 71:17,18) 

“I’ve outlived my usefulness.” Dit was die woorde van ’n Amerikaner, Bill Knight,  toe hy eenkeer moes antwoord of hy nog nuttig voel. Hy was al baie oud en eensaam. Toe besluit hy om Amerikaanse soldate wat uit Irak teruggekeer het by ’n plaaslike lughawe te verwelkom. Net dit. Hierdie eenvoudige stukkie omgee het kort voor lank wyd bekend geraak. Vele ander bejaardes het sy voorbeeld begin volg. Bill Knight se opregte handdruk waarmee hy terugkerende soldate verwelkom het, het vir baie mense sinoniem geword met omgee. Later het selfs George Bush, die eertydse Amerikaanse president hom ontmoet. Ook daar is ’n dokumentêre film oor hom en ander ouer persone gemaak wat soldate gaan verwelkom het.

Hoeveel van ons dink dat ons niks meer beteken vir GOD en Sy Koninkryk omdat ons al oud geword het, te jonk is, of dalk nie baie geld besit of onbekwaam voel nie. Jesus het geweet hoe maklik mense hulleself kan afbreek omdat hulle onbelangrik voel. Daarom het hy op ’n dag gesê dat nie eens die kleinste daad van deernis, soos om ’n beker koue water aan een van sy kinders te gee, ongesiens by GOD verbygaan nie. (Mat. 10:42 Onthou net dat jou woord van bemoediging, jou vriendelike glimlag of jou sagte oë teenoor iemand anders daardie persoon se hele lewe kan verander. As jy uit jou huis uitgaan word die wêreld om jou GOD se werksplek. Hy gebruik jou om by iemand te gaan stilstaan en belangstellend te vra hoe dit gaan. Jou handdruk, jou aanraking word in GOD se plan ingewerk as ’n daad van Jesus se liefde. Een vir een, daad vir daad begin jy die wêreld verander en is jy meer as nuttig in GOD se koninkryk op aarde.

As ek en jy, of ons baie oud of baie jonk is, net van vandag af begin om aan die één mens wat gedurende die dag op jou pad kom, één daad van deernis en omgee te doen, sal die wonderwerkende krag van GOD se liefde die aarde begin verander. Wie weet hoe nodig die mense om jou na liefde soek nie. Kom laat ons nie langer talm om aan mekaar daardie één daad van omgee te doen nie.

Voel jy nog NUTTIG vir GOD selfs al is jy oud

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles