Skaapkoppe by dosyne

Skaapkoppe by dosyne

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Letterlik skaapkoppe by dosyne - dit is nou nie die gaste nie, maar die skaapkoppe wat vir die jaarlikse Skaapkopete voorberei is.

Die geselligheid het op Saterdag, 16 Augustus 2014 te Uijlenes van Flippie en Staci Groenewald plaasgevind. Die 100 skaapkoppe is geurig (vir diegene wat daarvan hou!) deur die Swellendam Skaapkopgilde voorberei en gaargemaak. Johan van Dyk het as seremoniemeester opgetree en kon nie genoeg met die Blou Bulle simpatiseer nie, met ds Dirk van Dyk wat die verrigtinge met gebed geopen het. Naas die skaapkoppe, is daar ook kerrie-afval, skaapskenkels en gevulde hoenderfillet te ete aangebied.

Manie Groenewald, met sy bekende sangitems en sy Baardskeerdersbos se orkesmanne het verdere luisterrykheid aan die byeenkoms se 300+ gaste verleen.

‘n Veiling ten bate van Baardskeerdersbos se NG-gemeente is ook gehou, met Cornie Swart se “afslaer-stem” wat die bieërs deeglik aangemoedig het met B’Bos se Witblits-legendes. Per bottel is die volgende pryse behaal: R800 (witblits), R1,000 (heuning witblits), R500 (2 x witblits), R800 (grenadella witblits + gewone), R1,100 (kersie witblits + gewone) en ‘n volle R400 vir ‘n bossie fynbos wat normaalweg R80 kos! Dan was daar geluktrekkings met pryse vir elke ete-kategorie.

“Ons is baie dankbaar vir elke sent wat ons gemaak het, veral met die suksesvolle veiling, maar veral ook teenoor almal wat die aand so pragtig ondersteun het en dit bygewoon het,” sê Marietta Uys, een van die organiseerders. “Ons is ook dankbaar teenoor Flippie en Staci Groenewald vir hulle moeite met De Uijlenes se venue wat hulle beskikbaargestel het.”

Met die etery was dit weer eens ‘n belewenis om te aanskou: manne met knipmesse, kleinbyltjies en jagmesse - met agterna blink gesigte van die geurig-voorbereide skaapkoppe, om nie te praat van ‘n paar wat eers hul skaapkoppe gesoen het nie!

Hardus Botha

Skaapkoppe by dosyne

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles