Loslitdag is om die draai

Loslitdag is om die draai

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Loslitdag vind vanjaar op Vrydag 5 September plaas. Loslitdag is die land se grootste fondsinsamelings- en bewusmakingsprojek vir persone met gestremdheid. Dis ‘n dag waarop ons vra dat almal in SA gemaklik, formeel of sommer net verspot sal aantrek wanneer hulle werk toe gaan en die amptelike Loslitdag-plakker sal dra.

Hou die blink kant bo

Met jou glinsterende oorbelletjies en briljante blou hoed

Want Loslit Dag is vanjaar 20 jaar oud

Trek alles uit die kas wat jy het!

Haal uit jou fraaiste rok met jou mooiste pet 

Tooi jou in sterretjies, blinkers en goud

Met deftige dasse en vrolike versiersels

Blink krale, pragtige vere en diamante in jou hare

Skitterend van kop tot tone

Maak net seker jy maak ‘n groot impak

Om persone met gestremdheid te ondersteun!

Loslitdag het oor die jare ‘n gunsteling op die kalender geword vir baie Suid-Afrikaanse sake-instellings. Sommige maatskappye gebruik dan Loslitdag as ‘n geleentheid vir hul korporatiewe spanbou dae, terwyl hulle ‘n bydrae maak tot een van ons land se mees kwesbare sektore - persone met gestremdheid.

Die Loslitdag-tema vir die jaar is “Bring out the Bling” oftewel “Blink kant bo!”. Dink aan iets om te dra, en maak dit tien keer blinker. Of dra ‘n groot hand vol plakkers. Onthou Vrydag, 5 September is die dag vir blink aantrek. Vanjaar is Loslitdag se 20ste verjaarsdag en daarom kan mense jul partytjie-uitrustings aantrek.

Die projek behoort aan en word beheer deur Die Nasionale Raad vir Persone met Liggaamlike Gestremdheid in SA en word jaarliks georganiseer deur die raad se Loslitdagspan.

Ons organisasies neem deel aan die projek deur die infrastruktuur van die projek, om fondse in te samel vir die dienste wat hulle aan persone met gestremdheid lewer. Donasies van R10 per plakker is belangrik aangesien ons so die nodige fondse kan insamel ter ondersteuning van persone met gestremdheid se regte tot onderwys, behuising, opleiding, toeganklikheid en werkskepping te ondersteun… met ander woorde, volle inskakeling in die gemeenskap.

Loslitdag is vandeesjaar op Vrydag 5 September.

Hierdie is ‘n fondsinsamelingsgeleentheid vir persone met gestremdheid. Die groot begunstigdes is die volgende organisasies: Die Nasionale Raad vir Mense met Liggaamlike Gestremdheid in Suid-Afrika; Die SA Federasie vir Geestes Gesondheid; Federasie vir Dowes van SA; Die Nasionale Raad vir Blindes; Outisme Suid-Afrika; Down-Sindroom Suid-Afrika; Die Nasionale Raad vir Persone met Serebrale Gestremdheid; Die Suid-Afrikaanse Dowe Vereniging; Die Nasionale Instituut vir Dowes; QuadPara Vereniging van Suid-Afrika; Alzheimer’s Suid-Afrika, en South African Disability Alliance.

www.casualday.co.za

FB: www.facebook.com/casualdaySA

Twitter: @CasualDay_SA

#BringouttheBling

#CasualDay

Loslitdag is om die draai

Vrydag 5 September 2014

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles