Om Vrou te wees

Om Vrou te wees

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

‘n Ou Boesman (San)-spoorsnyer in die jagveld van Afrika het gesê: “Vir ‘n vrou om mooi te wees, moet haar hart drie dinge wees: Dit moet wees soos die gras wat deur die diere afgevreet word, maar altyd weer groei - G’n seer moet dit doodmaak nie; Dit moet wees soos ‘n fontein wat deur die diere vaal getrap word, maar daarna altyd weer helder word - Geen man moet sy modderspore daarin agterlaat nie; Dit moet wees soos die rooidag, wat elke more die donker nag oorwin - Geen swaarkry moet dit kan doodkry nie.” Dit is die mooi kaartjie waarmee die sowat 170 dames tydens die NGK se Vrouediens se Vroue-byeenkoms op Saterdag, 16 Augustus 2014, onder leiding van Elcine Hulme, verwelkom is.

 Die 18 tafels se gasvrouens het hulself met versiering en oorspronklikheid oortref, asook die dames wat die 3-gang maaltyd voorberei het.

Lizette Janse van Rensburg het as gasspreker en sanger opgetree, met die tema: “Bakstene in my lewe”. “Dit was ‘n belewenis en ek het só baie geleer van die alledaagse dinge waaraan ek skuldig is. Lizette is ‘n pragtige mens van binne en van buite en dit is ‘n wonderlike gawe wat aan haar toevertrou is,” het een van die vele kommentare gelui. “Baie dankie aan ons gasvrou, die gasvrouens vir die tafels, die dames wat die ete voorberei het, maar veral ook aan almal wat die dag ondersteun het, asook die manne vir hul harde werk,”  het Elcine gesê.

Lizette is vir 23 jaar met Jaco getroud en die egpaar het ‘n dogter, Danielle (22) en ‘n seun, Josua (byna 21). Haar ouers is Willem (oorlede 2003) en Hettie Niemand van Niemand Vervoer in Gansbaai. Haar ma en broer, Wimpie en sy vrou Marjorie, woon steeds in Gansbaai, asook haar suster, Susan Combrink. “Ek was in std 5 toe ons vanaf Somerset-Wes na Gansbaai verhuis het,” vertel Lizette.

“Ek was in std 8 toe my pa my eerste kitaar vir my gekoop het.” Die inleiding van Lizette se brosjure lui soos volg: “Ons hart is om ‘n verskil in die wêreld daar buite te maak deur sang en getuienis!”

Hardus Botha

Om Vrou te wees

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles