In Augustus 2013 het die AHI in samewerking met Gansbaai Sakekamer 'n entrepreneurskursus aangebied.
‘n Opvolgsessie is gehou waartydens die entrepreneurs wat belangstel, meegedeel is dat hul ondersteuning met die registrasie van hul besighede sal ontvang en hul word gehelp om besigheidsplanne op te stel. Daar word ook finansiële bystand aan hulle gegee. Awie Steenkamp is aangestel om as mentor vir die jongmense op te tree. Die 5 entrepreneurs wat verlede week die inligting sessie bygewoon het, moet nou 'n volledige besigheidsplan indien. 'n Beoordelingspaneel van die AHI kies die 20 beste planne in die Wes-Kaap en die twintig entrepreneurs word na die AHI Kongres in Oktober in Durban geneem. Hul sal 'n spesiale sertifikaat by die spog- geleentheid ontvang.
Daar is nog net 'n paar kaartjies oor vir die Sakekamer se lede-aand op 4 September. Sien hieronder die kaartjie en program van die aand en bespreek onmiddellik jou plek.
A very important notice - “To all business owners and provisional taxpayers. Please remember to file your first provisional tax for 2015 before the end of August to prevent any late or none submission penalties”
Gansbaai Sakekamerlede en bestuur wil net vir ons voorsitter, Fanie Bothma, en sy vrou, Judy, terug in Gansbaai verwelkom. Hul was vir 'n maand met vakansie!