Goue Hande wen Loshande

Goue Hande wen Loshande

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Dankie, julle gee die lewe sin,” lui die inskripsie op ‘n organiese keramiekbord wat aan die Goue Hande deur Badisa saam met ‘n pragtige sertifikaat oorhandig is. Francia van Dyk, sameroeper van die Goue Hande en Suster Linda Meyer het die toekenning in ontvangs geneem. Badisa (Christelike Barmhartigheid) het vraelyste aan etlike organisasies gestuur met die doel om die “Vrywilligersgroep van die Jaar” aan te wys.

HaS het ‘n volledige motivering aan Badisa gestuur waarin Gansbaai se Goue Hande as groep aanbeveel is. Die onafhanklike beoordeling deur Badisa is gedoen, en…..Gansbaai se Goue Hande het loshande gewen. Hulle is as Badisa se “Vrywilligersgroep van die Jaar” aangewys - ‘n puik, maar ook ‘n welverdiende prestasie. Die Goue Hande is gedurende 1995, bykans 20 jaar gelede, gestig.

“Volgende jaar vier ons die Goue Hande se 20ste bestaansjaar en ons beplan groot feesvieringe,” sê Francia. “Die doel van ons groep is om die lewenskwaliteite van ons inwoners in alle opsigte te verbeter en daarom lewer ons daagliks dienste op persoonlike vlak en ook andersins by die Tehuis self.”

Enkele van die vele aktiwiteite wat deur Francia uitgelig is, is: Maandae klokslag daag Margie op met haar tasse en ander goedjies om na die inwoners se tone, voete en naels as ‘n liefdesdiens om te sien; Dinsdae laat Ute hulle wikkel en roer met ligte oefeninge om die gewrigte te stimuleer en die bloedsomloop te verbeter; Woensdae is Dalene en haar spannetjie daar met stimulasie op ‘n meer gesellige noot met bingo, domino’s en rummie-cup, asook lekker saamsing of om vir die jaarlikse Winterspele te oefen; Donderdae en Vrydae bedryf Petro en haar span ‘n gratis haarsalon. Dan is daar nog vele ander dienste wat gelewer word, soos om die inwoners vir inkopies te neem of om hulle inkopies te gaan doen, boekvoorlesings, spesiale bederfdae soos met Valentyns- en Moedersdae, blikkieskud, hulpverlening met fondsinsamelingsprojekte, asook tydens die jaarlikse basaar en andere.

Francia sê hulle het 10 jaar gelede hulle hoogtepunt bereik, maar met almal wat ouer word, bestaan daar nou ‘n dringende behoefte aan nuwe lede en mans is nie hiervan uitgesluit nie.

Vir navrae kan Suster Linda Meyer (028-384-0501) of Francia van Dyk (028-384-0262) gekontak word.

Die jaarlikse HaS Basaar is vanjaar vir 4 Oktober 2014 geskeduleer.

Hardus Botha

Goue Hande wen Loshande

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles