O HERE GOD red ons uit die mag van ...

O HERE GOD red ons uit die mag van ...

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Ek sal jou red uit die mag van slegte mense, jou bevry van dié wat op geweld uit is.”(Jer. 15:21)

“Al die konings van die aarde sal U loof, HERE, wanneer hulle u woord hoor, hulle sal sing oor wat die HERE gedoen het, want die mag van die HERE is groot.” ( Ps 138:4,5)

Só kan dit nie langer aangaan nie! Die geweld en misdade wat in  ons land elke dag plaasvind veroorsaak ’n paniek en vrees onder die Suid-Afrikaanse volk wat mense se denke en uitkyk op die lewe verlam. Statistieke wys dat daar 32 boere in die afgelope maand vermoor is. Wat staan ons te doen? Kom ons gaan na die Woord van GOD en vra raad.

GOD se Woord is duidelik. “Ons weet dat ons aan GOD behoort en dat die hele sondige wêreld in die mag van die duiwel is.” (1Joh 5:19)  As GOD se kinders weet ons dat ons nie langer in die mag van die sonde leef nie – Jesus het die mag van die sonde verbreek met Sy volmaakte offer aan die kruis. Aan die ander kant leef die wêreld nog in die mag van die duiwel, of die sonde. Reeds in die Ou Testament het GOD sy volk verseker dat Hy alleen wonderbare mag besit om hulle te red van vreemde volke en van dié wat op geweld uit is. (Jer. 15:21) As GOD se volk begin om Sy woord aan die nasies te verkondig en te praat oor alles wat die HERE gedoen het, sal die konings van die aarde begin om die HERE te loof, want sê Psalm 138:5 “Die mag van die HERE is groot!”

As christene moet ons dag en nag GOD loof vir Sy wonderbaarlike mag en waar ons gaan moet ons in die Naam van Jesus hierdie mag van GOD proklameer. Spreek dit hard uit oor elke situasie waarin jy mag wees. Jy staan onder die heerskappy van Jesus en nie meer onder die mag van die sonde nie. “Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy lief het.” (Kol. 1:3) Verbreek die mag van die dwelmhandelaars wat ons jeug probeer vasvang in hulle mag. Hou aan om die mag van die misdadigers te verbreek in die Naam van ons HERE, Jesus Christus. Ons moet opnuut glo dat Jesus alle mag besit oorlewe en dood. Onthou wat Hy vir Maria gesê het toe Hy Lasarus uit die dood opgewek het: “Jesus sê toe vir haar: “Het Ek nie vir jou gesê as jy glo, sal jy die openbaring van die wonderbaarlike mag van GOD sien nie?” (Joh 11:40)

GOD sal ons land red uit die mag van die misdadigers en moordenaars. Glo dit. Sê dit.

Hy kan jou vandag red uit die mag van verslawing aan drank, sigarette en pornografie. Begin om op te staan in die mag van Sy Naam en laat GOD weer beheer neem oor ons hele land! 

O HERE GOD red ons uit die mag van ...

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles