VERJAARSDSAE
Aug 30 J Wessels
Sept 1 L Hattingh
2 Me Bent
4 Royce Woods
T Potgieter
Baie geluk aan julle almal
WOENSDAG SLOEGTERS 20 AUG
Tien baie moedige gholfers het die weer getrotseer maar twee het na twee gate,drie na vier gate en een na vyf gate die veilige klubhuis opgesoek. Drie gholfers het aangehou en nege gate klaargemaak. Die beste was Steve Muller met 9 punte. Jan Le roux en Johan Kruger het ook 9-gate voltooi. Aanhouer wen, meen Steve.
VRYDAG 22 AUG HOENDER KOMPETISIE
Die gereelde voucher van OK is gewen deur Jannie Brandt met 21 punte. Tweede en derde plekke is deur Johannes van der Walt en Jacques Nell ingeneem. Hier was daar ook net 5 gholfers wat gespeel het.
Saterdag 23 Aug Ind. Stableford
Naaste aan die Penne: Bobby Brandt en Rob Jerrard. Enigste spog twee: Bobby Brandt. Die eerste drie plekke is deur Rob Gerrard, Jan Le Roux en Jannie Brandt, almal met 37 punte ingeneem. Daan Victor het 35 punte behaal. Daar is nog plek by die steakaand en ledetrekking op Vrydag 29 Aug. Onthou R1000 moet gewen word.
Groetnis Jannie Brandt
GANSBAAI Gholfklub / Golf Club
Tel: 028 384 1441 Fax: 028 384 1225
E-mail: gbgholf@gmail.com