Snoek

Snoek

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Kyk na die meegaande foto en glo,  die snoek is hier! Moet nou nie ooropgewonde word nie want terwyl dit waar is is die vis nog skaars en kos dit ‘n gesukkel om genoeg gevang te kry. Bowendien is hulle ook nie van ‘n vreeslik hoogstaande gehalte nie, hoewel natuurlik glad nie te versmaai nie. So ‘n snoekie op die kole is ‘n móét as jy van hulle in die hande kan kry. Dit is nou die tyd om self water toe te gaan en jou geluk te beproef. Hoewel sommige bote (veral die wat kommersieel bedryf word) natuurlik kan vang soveel hulle wil, en bowendien die nodige kundigheid het daarvoor, is dit nogal ‘n storie vir die gewone boothengelaar om te weet wanneer, waar en hoe om hierdie uitsonderlike vis in die hande te kry. Maar, al vang jy net een, ek belowe jou, die ervaring alleen is die moeite werd.

Ons kan elke keer beskrywe hoe om ‘n snoek te braai en dit vingerleklekker op die braai doen, maar wat van klipvis? Reg gelees, klipvis. Lees gerus eers klaar en besluit dan.

Jare terug al is hierdie situasie aan my beskryf, maar omdat dit klipvis behels, het ek tot nou gewag. Snoek is mos skaars, so dink aan die volgende:

Jou kleinkinders wil gaan hengel, en om hulle te akkomodeer word elkeen ‘n ligte stokkie in die hand gestop en oupa en ouma sit saam af na die naaste poeletjie en vang met trots ‘n paar klipvissies. Nou word hierdie vissies weer teruggeplaas of huistoe geneem en met die vis in ‘n bak water geplaas, lewendig gehou om mee gespog te word. Dan word van hulle ontslae geraak  --  tot die kinders se ergernis, klaar gespog. Gebruik daardie vissies eerder, sny die pensies uit, maar behou die koppe (hulle lyk darem groter). Neem so ‘n klompie van hulle, braai in diepvet, lekker bros en botterbruin. Plaas hulle nou in ‘n bord, om die rand gerangskik, sterte na binne, met ‘n slaaiblaar of twee aan die binnekant. Hier en daar ‘n stukkie suurlemoen. Laat die kleinkinders meedoen en sê dis húlle vis en húlle braai. Nooi ‘n paar mense om saam te geniet, dan praat ons weer!! Al probleem, oupa moet more al weer gaan visvang vir nog ‘n braai.  Groete, Seemeeu

Opsomming SEPTEMBER 2000-2013

2000. Geen rekord. (Sept.)

2001. Snoek, hotties, baie haai. Roman, geelbek, pangas, witstompies.

2002. Baie silwervis.

2003. Geelbek, roman, hotties.

2004. Haaie, hotties, roman, geelbek, PW’s. *Sprake van tjokka.

2005. Baie snoek, geelbek.

2006. Geelbek, kabeljou, snoek, roman, elf.

2007. PW’s, ondermaat geelbekkies. Elf. Baie roman, 1 rooisteenbras (te klein)

2008. Geen rekord. (Sept.)

2009. Hotties, haai. (19 geelsterte by Kaappunt), hotties.

2010. Oulywe, roman, hotties, geelbekkies, klein kabeljoutjies (darem 1 van 9 kg.), mooi silwervis.

2011. Silwervis, hotties, roman. (Ander manne vang mooi kabeljou), PW’s, ondermaat rooisteenbrasse  --   verloor 3 grotes, silwervis, hotties. *Ander bote vang snoek by Dassiegat.

2012. Hotties, snoek, silwervis, PW’s, roman, baie geelbek, snoek.

2013. Snoek, geelbek, roman, hotties, silwervis.

Snoek

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles