Sea Stars wag in spanning

Sea Stars wag in spanning

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Ons het aan die einde van die netbalseisoen gekom en dit was die eerste jaar nadat die nuwe Overberg Netbal Unie gestig is en op eie stoom gefunksioneer het,” vertel Bertruline Dickson. Sy sê hulle het 8 wedstryde gespeel, waarvan hulle 1 teen Swellendam verloor het.

Dit plaas Sea Stars en Mount Pleasant gelyk met punte, aangesien laasgenoemde ook net 1 wedstryd verloor het. “Daar is toe besluit dat dié twee nie vir ‘n 1ste en 2de plek gaan uitspeel nie, maar dat ‘n doelgemiddeld uitgewerk gaan word om die wenner te bepaal,” sê sy. “Nou loop die spanning hoog onder die meisies, aangesien ons verlede jaar die kampioene van daardie liga was en ons wil graag op daardie sukses voortbou.” Donita Kaptein word hartlik deur die span gelukgewens met haar keuring om die Overbergspan in die Paarl op 29-30 Augustus te gaan verteenwoordig. “Jy is ‘n ware seester en ons is trots op jou,” sê Bertruline.

“Baie dankie aan Gamco vir die nuwe stel spelersklere wat deur hulle geskenk is. Ons het groot waardering daarvoor en sal ons beste op die netbalvelde lewer.” Nou sien die Sea Stars uit na die bekeruitdeling te Caldon op 6 September en hulle hoop vir die beste.

Navrae rakende die Sea Stars Netbalspn kan aan Bertruline Dickson by 072-707-5687 gerig word.         

Hardus Botha

Sea Stars wag in spanning

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles