Rolbal nuus

Rolbal nuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die afgelope Saterdag het Franskraal Rolbalklub 'n interne driespel kompetisie aangebied.  Ons hoofborg van die dag was Colour Box.  Met ons aankoms by die klub is ons spelers begroet met, weer eens, 'n pragtige dag wat toestande ideaal gemaak het vir spel.   Twaalf spanne, met drie spelers per span, het hul bes gelewer om bo aan die punteleer te eindig en rolbal uit die boonste rakke kom deur besoekers en ondersteuners geniet word.  Die kompetisie was straf en die wenners van die dag kon eers na afloop van die laaste wedstrydebepaal word. 

Die wenners op die dag was Wallie Nimb en sy span bestaande uit Comien Groenewaldt en Roelof Eksteen. 

Tweede was Hettie Lass en haar span  en Derde was Jan Fouche en sy span.  Baie geluk aan julle. 

Daar is hard agter die skerms gewerk om die dag moontlik te maak en ons is baie dank verskuldig aan die volgende persone: Tommie van Niekerk en sy span bestaande uit Johan Fick en Roelof Eksteen vir die versorging en uitmerk van die baan; Archie Chambers vir die uitsit van spanne en baantrekkings.  Jan Fouche was verantwoordelik vir die uitwerk van die finale puntestand aan die einde van die dag.  Op Kristo Jooste, ons penningmeester, se skouers het die verantwoordelikheid gerus om die boeke vir die dag te laat klop.  Dan het Pieter Wessels en Fred Rossouw by die “22nd End” daarvoor gesorg dat alle vloeibare verversings koud en gereed was vir ons spelers.  Ons hartlike dank aan hierdie gewillige klublede vir hul harde werk.

Enige kompetisie wat deur ons klub aangebied word, sou nie moontlik wees sonder borge nie.  Daarom is dit my voorreg om vir Salmon en Melanie Herselman van Colour Box, ons hoofborg van die dag, baie hartlik te bedank vir die pragtige bedrag wat hulle toe ons beskikking gestel het om hierdie dag aan te bied.  Hulle is al vir baie jare een van ons getroue borge en hul volgehoue bystand en ondersteuning word baie hoog op prys gestel.  Sonder julle sou hierdie dag nie moontlik gewees het nie.

Laaste maar beslis nie die minste nie, 'n woord van hartlike dank aan Zonart Kaggels vir hulle kontant bydrae en aan Raka wynkelders vir hul donasie van heerlike wyn wat ons as pryse kom aanwend. Al bogenoemde persone en instansies se bydraes het meegehelp om van hierdie dag 'n groot sukses te maak. Rolbal groete tot volgende keer.

Philip Malherbe

Rolbal nuus

Philip Malherbe

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles