Kassiere foeter Rower

Kassiere foeter Rower

Gansbaai Courant

'n Winkelrower het hom deeglik misgis toe hy De Kelders Bakkery se kassiere Sondag wou beroof.

"Ek het hom eers goed met die vuis op sy kinnebak geslaan en daarna ordentlik geklap," vertel Rezelle Els oor haar traumatiese ervaring. Dié onbekende, lang swart man (± 30) het Sondagoggend om 11:00 by die bakkery 'n sigaret gaan koop. Hy het buite die bakkery gesit en deur die loop van die dag nog twee keer 'n sigaret gaan koop. Om 16:10 die middag het hy weer 'n sigaret gekoop en toe hy sy kleingeld kry, 'n pakkie skyfies van die rak gaan afhaal. Hy het kontant  daarvoor op die toonbank neergesit en volgens videomateriaal  met sy regterhand iets uit sy sak gehaal. Toe Els die kasregister  oopmaak het hy vinnig om die toonbank beweeg. "Ek het hom sien kom, die kasregister toegestamp en hom gekonfronteer. Hy het my met 'n kort messie, wat soos 'n spiespunt gelyk het, skrams op die wang en in die skouer en bors gesteek. Gelukkig was dit net oppervlakkig". Hy het  haar toe om die nek gegryp en 'n gestoei het ontstaan. Dit is toe dat sy hom met haar vuis geslaan en 'n stewige klap gegee het.

Hy het toe verskrik die hasepad gekies  en Els het die alarm geaktiveer en agter hom aangehardloop. "Toe ek buite kom het hy soos mis voor die son verdwyn." Die onderneming se eienaar, Tony Holtzhausen, is nie min trots op haar nie. "Sy het die plek beskerm en nie eers aan haarself gedink nie. Kyk op die video hoe sy terugbaklei het. As sy dit nie gedoen het nie sou ek wel my geld by die versekering teruggekry het, maar nie vir haar nie," het hy gesê.

Die bakkery se videomateriaal is van hoogstaande gehalte en sal die polisie baie in hul ondersoek help. Dit gebeur gereeld dat veiligheidskameras van swak gehalte by besighede en kitsbanke gebruik word. Die beeldmateriaal is dan baie grinterig en bemoeilik uitkenning.

Volgens Holtzhausen is dit skokkend watter klomp snert op die sosiale media versprei is. Die ongelooflikste opgedisde weergawes van dié roof en beserings wat Els glo opgedoen het is deur verskeie komperryers versprei.

Daar moet kennis geneem word dat verskeie regsaksies reeds suksesvol teen die verspreiders van lasterlike persoonlike asook onware inligting geloods is. Die sosiale media (soos Facebook) se skrywers is onderhewig aan dieselfde wette en reëls as geakrediteerde joernaliste.

Rezelle is 'n welbekende kassiere en het voorheen saam met haar pa, Douglas Hambly, vanaf 1990 tot 2009 die baie bekende en gewilde eertydse Susan's Kafee by die Markplein bedryf.

Enige persoon wat die rower herken of iets verdag opgemerk het, word versoek om Spr Konst Pieterse by 028 384 0201 te skakel.                                                        

Francois de Jongh

Kassiere foeter Rower

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Stay Close to Gansbaai Harbour: Relax at N०1 Harbour Way!

Enjoy a relaxing stay at N०1 Harbour Way, just a short walk from the Gansbaai Harbour. 

N०1 Harbour Way
Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Explore SMEG's Retro Kitchen Collection!

Upgrade your kitchen with S Herholdt and SMEG's Retro Kitchen style!  

S Herholdt
Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 11)

In Deel 11 gaan ons voort met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha.

Gans-Berg Nuus / News
Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

Custom Irrigation Solutions for Your Garden's Water Needs!

A well-watered garden is a happy garden!

Eco-Flo Irrigation
Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Transform Your Kitchen with S Heroldt and SMEG: Premium Luxury Kitchen

Revamp your kitchen with S Heroldt and SMEG!

S Herholdt
Draft AGM Minutes - 22 March 2024

Draft AGM Minutes - 22 March 2024

We're pleased to share the draft minutes of our Annual General Meeting held on March 22, 2024. 

See All Articles