In Memoriam Danny Rivers

In Memoriam Danny Rivers

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Daniel (Danny) Rivers  is op Dinsdag, 26 Augustus 2014 in die ouderdom van 72 jaar en enkele maande oorlede.  

Hy is op 22 Augustus met limfklier-kwaadaardigheid gediagnoseer en is slegs enkele dae later oorlede. Danny is op 7 November 1941 gebore en het in die Mariko-distrik in die destydse Wes-Transvaal grootgeword. Op 29 Maart 1975 tree hy met Stephanie in Alberton in die huwelik en die egpaar woon reeds vir die afgelope 19 jaar in Gansbaai. Hy het as een van Suid-Afrika se eerste “Rock”-sterre bekendgestaan, met landwye optredes vanaf 1947 tot 1975. Hy het saam met vele bekendes opgetree, soos Gene Rockwell, Dicky Loader, die “Bats”, Johnny Kongos, Archie Coker, Four Jacks and a Jill en Billy Forest. Danny verewig sy loopbaan op internet onder Suid-Afrika se “Rock & Roll” pioniers wat grotendeels deur die bekende Tertius Louw opgestel is.

Hy het van kindsbeen af ‘n passie vir musiek, kuns en kontaksport soos karate, stoei en boks gehad. Na die voltooiing van sy studies aan die Witwatersrand Tegniese Kollege (Analitiese Skeikunde), het Danny met landwye toere begin en as professionele musikant in vele gewilde nagklubs, hotelle en vermaaklikheidsplekke opgetree. Met Mervyn John (sy bewonderaarsklubpresident) en Clarke McKay (sy bestuurder), het Danny roem en gewildheid met etlike plate-opnames bereik. “Pretty Eyes” was een van sy groot “hits”, met ander soos “18 Yellow Roses” en “Can’t take my eyes off you”. In 1984 is Danny na Nashville in Amerika genooi, waar hy in die ateljee’s van FaronYoung en Chet Atkins opgetree het, asook as “Gospel”-sanger in die groot kerke in Ohio en Tennessee. In Desember 1959 het Danny saam met familie in Uilenkraalsmond kom kuier en was só met die omgewing beïndruk dat hy besluit het dit is die plek vir hom. Hier in Gansbaai het hy ‘n private vriendskapsklub, Klub Eden, vanaf 1997 tot 2001 met sy sangskool bedryf. Danny laat sy eggenote, Stephanie, sy 2 dogters, Angela en Tanay, 3 kleinkinders en 3 agterkleinkinders agter.

‘n Troosdiens is op Sondag, 31 Augustus 2014 in O.M.G.E.E. Bedieninge deur ds Deon Kloppers gehou, met ‘n tweede roudiens wat later in Alberton gehou sal word.

Hardus Botha

In Memoriam Danny Rivers

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles