De Kleine Gansies Gholfdag

De Kleine Gansies Gholfdag

Gansbaai Courant

Die gansies van De Kleine Gansies Kleuterskool bied ‘n familiedag aan op 20 September 2014 te Kleinbaai Gholfklub. Alle fondse gaan ten bate van ons skoolkie De Kleine Gansies Kleuterskool.

Een en elkeen word genooi om te kom deel in hierdie dag – Alle kaartjies kan vooraf gekoop word by Madelein Swart Tel 079 189 7906 / Gretha Hanekom Tel 084 941 2276 / Jackie Lombaard 076 8734 386.

Hierdie dag is slegs moontlik weens die goedhartigheid van ons hoofborge:

Dr. Righardt van Huyssteen, OK Foods, Supreme Sharks, Oom Piet Gastehuis.

Die gansies bied aan ‘n 4 span gholf kompetisie vol verassings.  Die spel bestaan uit 18 putjies.  Vir die senuwees wat knaag sal daar  ‘n “warmgat”  sommer by die afslaan wees.  Op die baan staan ons gansie mammas reg met ‘n “hapgat” en ook ‘n “natgat” alles ingesluit by die inskrywingsfooi.

Prys R100 per persoon

(Pryse laag danksy die borg Dr Righardt van Huyssteen)

Vir die dames van die omgewing bied ons ‘n heerlike oggend propvol verrassings saam met ons geliefde Lizette Jansen van Rensburg.  Met haar borellende persoonlikheid inspireer sy elke vrou regoor Suid-Afrika.  Haar boodskap aan ons “Toe bars my “bubble” hoe gaan ek ooit weer kan vonkel???

Beloof om ‘n inspirerende boodskap aan een en elkeen oor te dra.  Die oggend sluit ‘n ligte ontbyt en middagete sowel as ‘n modeparade deur Cora’s Klerewinkel in.  Koop ‘n kaartjie en wees deel van ‘n onvergeetlike oggend.

Prys R50.00 per persoon

(Pryse laag danksy die borg OK Foods)

Tydens bogenoemde verrigtinge het ons ‘n span van 4 agter die skerms wat in ons “kiddies daycare” al die kinders besig hou met opvoedkundige en spel  aktiwiteite.  Middagete en aandete sowel as koeldrank en versnapperinge is hierby ingesluit vir elke kind.  Kom skryf jou kind in dit sal vir hulle ‘n onvergeetlike dag wees.

R20.00 per kind

(Pryse laag danksy die borg Supreme Sharks)

Om die dag mee af te sluit bied ons die laatmiddag ‘n heerlike spitbraai ete.  Daar sal wegneemete kaartjies beskikbaar wees teen R55.00 per bord en ete kaartjies vir by die geleentheid teen R50.00 per bord.  Beide etes word bedien met slaai en vars brood.  Vir die wat besluit om later te bly bied ons ‘n dans en lekker samesein met Leon Carstens.

(Pryse laag danksy die borge: Gerhard de Wet, Wessel Germishuys, Hadre Pratt, Japie Swart, Tot Fourie en Johan van Dyk)

Al die gansies van De Kleine Gansies Kleuterskool vra dat julle die dag ondersteun bring vir Oupa en Ouma, Ooms en tannies en Neefs en niggies om ‘n familiedag vol lekker aktiwiteite teen bekostigbare pryse saam met ons te kom geniet.

De Kleine Gansies Gholfdag

Saterdag 20 September

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles