Verskil tussen Kyk en Sien

Verskil tussen Kyk en Sien

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “The Art of Seeing…..Beyond the Obvious,” was die tema waarmee Gansbaai Fotografieklub se gasspreker, Max Leipodt, sy aanbieding begin het. “Om na ‘n voorwerp te ‘kyk’, word die oë gebruik, maar om die voorwerp te ‘sien’, word dit ‘n funksie van die brein,” het Max gesê. “Dit waarna julle kyk, word deur die brein gekondisioneer, maar jy kan nie jou oë kondisioneer nie.”

Tydens sy aanbieding het hy uitstekende foto’s ter illustrasie van sy standpunt vertoon. Hy het ook die belangrikheid van gepaste onderskrifte beklemtoon. Hy het gesê ’n onderskrif, ook humoristiese onderskrifte, is dit wat in die foto gesien word en kan in geheel van die werklikheid van die foto verskil, met selfs figure wat in ‘n eenvoudige foto soos byvoorbeeld van roes, raakgesien word. Die belangrikheid van gepaste onderskrifte is om met die kyker te kommunikeer en daarvoor is eie verbeelding nodig. “Compose, but don’t pretend!” het Max gesê. Enkele wenke wat Max met die klublede gedeel het, is om nooit ‘n kamera weg te pak nie, selfs nie in gure weersomstandighede nie. Julle moet ook nooit na nuwe landskappe ‘soek’ nie, kyk net met nuwe oë daarna en moet nooit net een foto neem en wegstap nie. As jy hou van wat jy sien, neem weer en weer.” Max is sonder twyfel ‘n professionele fotograaf met uitstaande kennis en is ook ‘n lid van die Hermanus Photo Society in Hermanus.

Tydens Gansbaai Fotografieklub se interne fotokompetisie het hy as beoordelaar opgetree en was hoogs beïndruk met die foto’s wat ingedien is. Voorsitter Christo Wessels het enkele sake van belang uitgelig, soos die volgende gasspreker, Hennie Otto (“Boat based photography”), die volgende tema’s vir beoordeling wat “Lente/Spring” en “Vervoer/Transport” is, die naweek by Baardskeerdersbos (“Murasie”) en die klub se deelname aan die Funky Fynbosfees.

Vir meer besonderhede hieroor, asook klubnavrae, kan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 geskakel word.

Hardus Botha

Verskil tussen Kyk en Sien

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles