Gansbaai Huis geopen

Gansbaai Huis geopen

Gansbaai Courant

 ‘n Droom is vir Gansbaai en Elim Tehuis in Elim verwesentlik met die amptelike opening van die Gansbaai Huis op Saterdag, 23 Augustus 2014. Dit was ‘n pragtige en gewyde geleentheid, met etlike ere-gaste wat dit bygewoon het.

Die geleentheid is by die huis met gepaste samesang, Skriflesing en gebed en enkele gassprekers geopen. Daarna is die agterdeur, sydeur en voordeur op ewe gepaste wyse oopgesluit en die gaste kon die huis van binne besigtig. Die gaste is daarna na Gansbaai AGS Kerk, waar ds Dennis Naidoo, voorsitter van Gansbaai Fraternal, die verrigtinge amptelik geopen het en enkele gassprekers boodskappe oorgedra het.

“Die inisiatief vir die Gansbaai Huis het reeds 12 jaar gelede in 2002 begin, maar die identifisering van ‘n geskikte plek het eers gedurende Julie 2013 plaasgevind,” vertel Lesinda Cunningham van Elim Tehuis. Sy sê hulle het tot die besef gekom dat daar buite in die gemeenskappe ‘n groot nood vir hierdie tipe van diens bestaan. “Omdat ons werkers opgelei is om met sulke kinders te werk, het dié idee posgevat om ‘n uitreik groep/dagsorgsentrum te begin,” sê sy.

“Behoefte bepalings is gedoen, spesifiek in die Gansbaai/Stanford area, en die ondersoek het bevestig dat daar wel ‘n groot behoefte vir so ‘n projek bestaan.” Samesprekings met Gansbaai Munisipaliteit, Maatskaplike werkers, Klinieke, Gemeenskapsontwikkelaars en ouers het gevolg. Tans is daar 24 kliënte en 7 personeellede.

Die volgende persone en instansies (alfabeties) word bedank vir hul betrokkenheid en/of donasies en bydraes: Burmar Civils (klippies), Cindy Appel (Maatskaplike werker), Doves/Valley Funerals (mnr Mitch Jantjies), eerw Abrahams, eerw Cunningham, Elim Tehuis Komitee en Personeel, Ewald Langeveld, Gansbaai AGS Kerk (ondersteuning), Gansbaai Courant (gratis publisiteit), Gansbaai Dagsorgpersoneel, Gansbaai Fraternal, Gansbaai Superspar (verversings), Gansbaai Toerisme (geldelike bydrae), Graze Community Church (geldelike bydrae), Green Futures (fynbos/Charlene), Joanne Swart, Lesinda Cunningham, Marie Reid (verf), me A Ludolph, me Engel, P Cloete, Stanford Agri (plante), Van Dyk Broers, W Slabbert en Warnick October.

Verdere behoeftes wat vir die Gansbaai Huis benodig word, is kombuis-breekware, mikrogolfoond, opvoedkundige speelgoed, matte, kookwaterketel (Urn), tafel vir die vervanging van babadoeke, CD-speler, plaatstoof (hot plate) en ‘n voetspa. In hierdie verband kan past Frikkie Zeelie 082-498-6992 geskakel word.

Hardus Botha

Gansbaai Huis geopen

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles