Gansbaai Huis geopen

Gansbaai Huis geopen

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 ‘n Droom is vir Gansbaai en Elim Tehuis in Elim verwesentlik met die amptelike opening van die Gansbaai Huis op Saterdag, 23 Augustus 2014. Dit was ‘n pragtige en gewyde geleentheid, met etlike ere-gaste wat dit bygewoon het.

Die geleentheid is by die huis met gepaste samesang, Skriflesing en gebed en enkele gassprekers geopen. Daarna is die agterdeur, sydeur en voordeur op ewe gepaste wyse oopgesluit en die gaste kon die huis van binne besigtig. Die gaste is daarna na Gansbaai AGS Kerk, waar ds Dennis Naidoo, voorsitter van Gansbaai Fraternal, die verrigtinge amptelik geopen het en enkele gassprekers boodskappe oorgedra het.

“Die inisiatief vir die Gansbaai Huis het reeds 12 jaar gelede in 2002 begin, maar die identifisering van ‘n geskikte plek het eers gedurende Julie 2013 plaasgevind,” vertel Lesinda Cunningham van Elim Tehuis. Sy sê hulle het tot die besef gekom dat daar buite in die gemeenskappe ‘n groot nood vir hierdie tipe van diens bestaan. “Omdat ons werkers opgelei is om met sulke kinders te werk, het dié idee posgevat om ‘n uitreik groep/dagsorgsentrum te begin,” sê sy.

“Behoefte bepalings is gedoen, spesifiek in die Gansbaai/Stanford area, en die ondersoek het bevestig dat daar wel ‘n groot behoefte vir so ‘n projek bestaan.” Samesprekings met Gansbaai Munisipaliteit, Maatskaplike werkers, Klinieke, Gemeenskapsontwikkelaars en ouers het gevolg. Tans is daar 24 kliënte en 7 personeellede.

Die volgende persone en instansies (alfabeties) word bedank vir hul betrokkenheid en/of donasies en bydraes: Burmar Civils (klippies), Cindy Appel (Maatskaplike werker), Doves/Valley Funerals (mnr Mitch Jantjies), eerw Abrahams, eerw Cunningham, Elim Tehuis Komitee en Personeel, Ewald Langeveld, Gansbaai AGS Kerk (ondersteuning), Gansbaai Courant (gratis publisiteit), Gansbaai Dagsorgpersoneel, Gansbaai Fraternal, Gansbaai Superspar (verversings), Gansbaai Toerisme (geldelike bydrae), Graze Community Church (geldelike bydrae), Green Futures (fynbos/Charlene), Joanne Swart, Lesinda Cunningham, Marie Reid (verf), me A Ludolph, me Engel, P Cloete, Stanford Agri (plante), Van Dyk Broers, W Slabbert en Warnick October.

Verdere behoeftes wat vir die Gansbaai Huis benodig word, is kombuis-breekware, mikrogolfoond, opvoedkundige speelgoed, matte, kookwaterketel (Urn), tafel vir die vervanging van babadoeke, CD-speler, plaatstoof (hot plate) en ‘n voetspa. In hierdie verband kan past Frikkie Zeelie 082-498-6992 geskakel word.

Hardus Botha

Gansbaai Huis geopen

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles