Donderdag 28 Augustus was die derde matriekafskeid wat Gansbaai Academia gehou het. Vanjaar se matrieks was die eerste graad 8 groep toe die skool in 2010 geopen is. Vanjaar het die gemeenskap behoorlik hulle harte oopgemaak en vele kinders gehelp om ‘n droom-aand te ervaar. Academia wil van die geleentheid gebruik maak om ieder en elk te bedank vir hul bydrae. Dit is vir die skool baie verblydend dat die gemeenskap van Gansbaai so betrokke is by die skool.
Liezel Mostert