Ja Wonderwerke gebeur nog

Ja  Wonderwerke gebeur nog

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“HERE, U is my GOD! Ek wil U prys en U Naam loof! U het wonders gedoen; dinge wat U lankal besluit het, het U volgens plan uitgevoer.” (Jes. 25:1) 

“Ek betuig met blydskap dat ek die tekens en wonders wat die allerhoogste GOD gedoen het, kon belewe.” (Dan. 4:2) 

“Die apostels het baie wonders en tekens gedoen, en dit het almal met diep ontsag vervul.” (Hand. 2:43) 

Die vraag wat baie keer by Christene opkom is of daar nog wonderwerke vandag plaasvind soos in die tyd van die Bybel. Hoekom sien ons nie hoe verlamdes weer loop en blindes kan sien nie? Ons bid vurig vir mense wat kanker het of in ’n krisis verkeer en vir ons lyk dit asof daar niks gebeur nie. Waar lê die fout,  vra ons almal. Is ons geloof te klein? Jesus kon ook nie orals waar Hy gegaan het wonderwerke doen nie, vanweë die ongeloof van die mense. “Vanweë hulle ongeloof het Hy daar nie baie wonderwerke gedoen nie.” (Mat 13:58).

Wat maak ons met teksverse in die Bybel wat sê: “As julle glo, sal julle alles ontvang wat julle in die gebed vra.” (Mat. 21:22; Kyk ook Mat. 9:29; Mar. 9:23; 11:23; Joh. 14:14;). Ek praat nie van die baie vals christusse wat rondloop en verkondig dat hulle mense kan gesond maak nie. Jesus self waarsku ons teen hulle: “Daar sal vals christusse en vals profete na vore kom, en hulle sal groot tekens en wonderwerke doen om, as dit moontlik was, selfs die uitverkorenes te mislei.” (Mat 24:24)  Ek en jy soek na wonderwerke wat in ons lewe en rondom ons gebeur, is dit nie? Ek dink dit het tyd geword dat ons vra dat GOD ons oë oopmaak en dat ons sal raaksien hoeveel wonderwerke daar tog plaasvind elke dag.

Kom ons vertel mekaar van al die kere wat GOD ons gespaar het in ’n gevaarlike situasie. Toe ’n kar jou rakelings gemis het, of die elektrisiteit af was toe jy aan die lewendige draad gevat het. Daar is baie mense wat genees word van kanker en virusse. Jy bid nie tevergeefs nie – GOD gee krag en uitkoms in baie situasies. GOD gee genesing soos Hy wil! (Heb. 2:4)  GOD self besluit waarom Hy wonderwerke wil laat plaasvind vir ’n spesifieke doel! (Joh. 20:31)

Mag ek getuig? Toe ons drie jaar terug geroep is Gansbaai toe het ons die Vrydagaand ’n teken gevra. GOD moes vir Linda se gym ’n kontantkoper stuur. Drie dae later, die Maandagoggend stap ’n wildvreemde vrou in by die gym en koop dit kontant!  ’n Wonderwerk!  Toe ons die gebou in Gansbaai huur vir O.M.G.E.E Bediening het ons die maandelikse huur gekort. Een Sondag stap ’n inwoner van Hermanus by ons erediens in en bied aan om elke maand die huur te betaal! Só kan ons almal aangaan en aangaan om te getuig dat GOD se wonderwerke nog gebeur! Ja, ons moet glo dat GOD getrou is. Net soos in die tyd van die Bybel, gee Hy vandag nog wonderwerke. Prys die HERE!

Ja  Wonderwerke gebeur nog

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles