Moenie rentekoerse vasstel nie verminder jou balans

Moenie rentekoerse vasstel nie  verminder jou balans

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die moontlikheid van verdere stygings in rentekoerse later vanjaar en vroeg volgende jaar het talle verbruikers genoop om hul banke te nader om rentekoerse op huislenings en ander skuld vas te knoop. 

Maar, sê Berry Everitt, besturende direkteur van die Chas Everitt International-eiendomsgroep, die beste tyd om koerse vas te stel is wanneer rentekoerse daal of konstant bly, nie wanneer dit styg nie. 

"Teen die tyd wat die Reserwebank koerse begin verhoog  - soos in Januarie en weer in Julie - en die banke verdere stygings voorsien, word 'n groot premie vir die voorreg om 'n konstante maandelikse betaling te maak, gehef. 

"Byvoorbeeld, as jy op die oomblik die primakoers van 9,25% op jou huislening betaal, sal die meeste banke die koers tot minstens 11,25% en waarskynlik meer verhoog as jy versoek dat die koers vir die volgende twee jaar vasgestel word. 

"En op 'n lening van R1m sal dit elke maand sowat R1300 by jou maandelikse betaling voeg, wat 'n hoë prys is om vir 'gemoedsrus' dat die bedrag die volgende twee jaar konstant gaan bly, te betaal."

Hy skryf in die nuusbrief, Property Signposts, dat die bykomende bedrag boonop nie die termyn van die lening gaan verkort of jou enige geld op die lang duur gaan spaar nie. 

"In 'n neutedop is dit geld in die water as die primakoers nie skielik tot 11,25% of meer in die volgende paar maande styg nie - wat heel onwaarskynlik is." 

Gevolglik, sê Everitt, sou dit baie meer voordelig wees om die bykomende bedrag in jou huislening in te betaal om die kapitaal so vinnig as moontlik te verlaag, indien jy dit kan bekostig. 

"Skulddelgingstabelle toon inderdaad dat as jy die bykomende bedrag net vir ses maande betaal jy die R1m balans van die lening tot sowat R983 000 sal verlaag - en dat jy teen dieselfde maandelikse bedrag 'n 2% styging in rentekoerse sal kan absorbeer." 

En as rentekoerse met minder as 2% styg en jy steeds elke maand dieselfde bedrag betaal, sal jy die termyn van jou lening met 'n hele paar jaar verkort en waarskynlik 'n paar honderd duisend rand aan rentebetalings bespaar, sê hy.

Moenie rentekoerse vasstel nie  verminder jou balans

Berry Everitt

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles