Resensie

Resensie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 So kook mens

Skrywer: Hannetjie Joubert

Prys: R274.95

ISBN: 978-0-7993-6821-5

Met hedendaagse werksdruk en lang ure is daar ’n groot behoefte om bekostigbare kos voor te berei met min moeite. So kook mens is gebaseer op die beginsel van kettingkook. Kettingkook behels dat jy meer as een porsie kos voorberei en dan bevries vir latere gebruik – hierdie porsies kan dan later omgetower word in ’n  heel ander vorm en voorkoms. Verskeie variasieresepte sorg dat alledaagse kosmaak ’n avontuur is, die mikrogolf jou beste vriend word en die vrieskas ’n getroue huismaat.

Kook en geniet was destyds ’n unieke boek, want dit het aangeneem mense weet nie wat om in die kombuis te doen nie; mense het daardie boek gekoop om soos ma te leer kook. Só kook mens se aanslag is anders, die stappe word ook presies verduidelik, maar hier word gepraat met moderne, werkende mense wat min tyd het en die behoefte aan goeie restaurantkos, maar die begroting van ’n gewone mens.

Só kook mens is iets wat alle jong werkende mense in hulle kombuise moet hê – heelwat middeljariges sal ook veel hierby baat.

Hannatjie Joubert is ’n bekende in kosmaakkringe. Sy is in die jare negentig as die Vleisraad se Braaikoningin gekroon, die eerste vrou wat hierdie gesogte prys gewen het, en het daarna in etlike braaikompetisies die mans laat rook eet. Sy bestuur tans haar eie restaurant en spyseniersbesigheid waarvandaan sy ook ’n bekende kookskool, Haniki’s Blumin Good Food, bedryf. Haar vorige boek, Bottel en gebruik, was uiters gewild.

Resensie

So kook mens

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...

Gans-Berg Nuus / News
Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

See All Articles