Afrikaans my TROTS

Afrikaans my TROTS

Gansbaai Courant

'n Unieke projek gemik op Afrikaanssprekende skoolleerders is op Taaldag (14 Augustus) by 'n funksie ter viering van 100 jaar van Afrikaans as skooltaal bekendgestel. Tydens die geleentheid is 'n omvattende geskiedenis, wat as 'n tandaardwerk oor Afrikaans beskou word, vrygestel. Die boek getiteld, “Ons gaan 'n taal maak”: Afrikaans sedert die Patriot-jare is geskryf deur die taalhistorikus, prof. Jaap Steyn, en uitgegee deur die uitgewersmaatskappy van die Solidariteit Beweging, Kraal Uitgewers. 

Die projek, “Afrikaans – my TROTS!”, is daarop gemik om die jeug se positiewe boodskappe oor Afrikaans te versamel. “Die viering van 100 jaar van Afrikaans as skooltaal is 'n merkwaardige mylpaal vir die taal. Die harde werk van prominente taalmense, soos C.J. Langenhoven, het die vestiging van Afrikaans in skole moontlik gemaak. Dit is egter noodsaaklik dat daar vandag steeds gewerk moet word aan die bewaring van Afrikaans in skole,” verduidelik Ilze Nieuwoudt, publikasie-bestuurder vir Kraal Uitgewers, wat die projek aanpak.  

Volgens Nieuwoudt hoop Kraal om die 100 mees inspirerende boodskappe van skoliere in die vorm van 'n tydkapsule vir die nageslag te bewaar. Die insameling van positiewe boodskappe oor Afrikaans uit die monde van jongmense wat lief is vir die taal sal Afrikaans as taal van die toekoms help vestig. “Afrikaans is nie net die droomtaal van Langenhoven, Totius en Preller nie; dit is 'n lewende taal van dinamiese jongmense van vandag. Deur ʼn liefde vir Afrikaans by ons jeug te kweek, neem ons reeds 'n broodnodige stap in die rigting om Afrikaans vir die volgende generasie te bewaar,” meen Nieuwoudt.  

Kraal Uitgewers nooi skoolleerders uit om hul boodskappe oor Afrikaans in te skryf. Die mees inspirerende boodskap sal aan die einde van die projek aangewys word en die wenner sal 'n boekegeskenkpak van Kraal Uitgewers ter waarde van R1 000 ontvang. Vir meer inligting besoek www.kraaluitgewers.co.za.

Hoe neem ek deel?

  1. Neem ’n kort video- of klankgreep van ’n maksimum van 60 sekondes van jouself (of laat ’n vriend/vriendin jou afneem).
  2. Stuur jou boodskap op een van die volgende maniere aan Kraal Uitgewers:

     - via WhatsApp (na 079 874 2024);
     - via SMS (na 079 874 2024);
     - via e-pos (na ilze@kraaluitgewers.co.za);
     - deur ons webwerf (besoek www.kraaluitgewers.co.za en klik op die skakel genaamd “Afrikaans – my trots” op die tuisblad van die webwerf. Volg die instruksies om die boodskap op te laai.)
     - (Boodskappe kan ook deur webblaaie soos Dropbox opgelaai word. Stuur bloot die skakel waar die boodskap afgelaai kan word na ilze@kraaluitgewers.co.za.)  

Wat moet die boodskap bevat?

1. Stel jouself bekend. Sluit jou naam, van, ouderdom, naam van jou skool en jou graad in, byvoorbeeld: “My naam is Katinka Heyns. Ek is 15 jaar oud en in graad 9 by die Hoërskool Vredefort.”

2. Neem dan jou boodskap oor Afrikaans op. Wat maak jou opgewonde oor die taal? Wat doen jy alles in Afrikaans? Hoekom is jy lief vir Afrikaans?

Belangrike datums

Boodskappe moet ons asseblief nie later nie as 10 September 2014 bereik. Die wenner sal op 17 September aangekondig word, waarna dié video, en 99 ander video’s, op Erfenisdag (24 September 2014) vir bewaring oorhandig word. 

 Ilze Nieuwoudt

Afrikaans my TROTS

Gansbaai Courant

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles