Snoek se dinge

Snoek se dinge

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Daar word by ons snoek gevang, maar dit KOS. Menende jy sukkel. Hierdie week gaan ons weer oor hierdie vis gesels, maar sommer oor die algemeen.

Dis mos groot stories wanneer ons die snoek uiteindelik by ons kan aankeer. Maar dink bietjie hoe gaan dit elders.

Ek was so ‘n ruk terug op besoek aan die weskus en het daar gepraat met ‘n skipper vir wie dit om baie meer gaan as om net ‘n snoekie op die kole te kry.

Die skipper was MOEG. Die oë het halfmas gehang en sy hande oortrek van die letsels, gelaat deur die vang van baie snoek.. Jy kon maar sy stories glo. Hulle kom eers laat die aand tuis en het waarskynlik die vorige aand nie by die huis geslaap nie. En daar moet baie gery word. Kom hulle vanaf die Kaap-omgewing by Yzerfontein of Stompneusbaai en is die water nie reg nie, is alles vergeefs en word daar na ander plekke gesoek waar die boot wel die see kan in. Waarom sal hulle tot hierdie uiterste gaan? Hy het my vertel dat hulle die vorige twee dae meer as tweeduisend snoek aan boord gehad het  -- albei dae!  Dis die lewe vir hulle en dis hoe hulle moet bestaan. Vergelyk dit nou met die moeite wat ons aangaan en die tyd wat ons spandeer en hoeveel snoek ons vang, net om balans te verkry. Die voordeel vir die manne daar is dat die snoek dalk vandag nie daar mag wees nie, maar more, of dalk heelwat later kan daar weer gemaai word onder hulle. Hier by ons weet ek sal daar manne wees wat ook meer as die normale doen en as gevolg van hulle kundigheid en deursettings- vermoë nie sal terugstaan wanneer dit kom by die vang van snoek nie.. Hulle sal weet waarvan ek praat.

‘n Lekker resep vir die braai van ‘n snoekie, volgende keer?

Groete, Seemeeu

Snoek se dinge

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles