HaS se dankbaarheid

HaS se dankbaarheid

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Na aanleiding van ‘n skrywe aan kinders, kleinkinders en agterkleinkinders deur Herberg-aan-See Tehuis vir Bejaardes, het Gansbaai Lionsklub besluit om ‘n bydrae tot hulle komende basaar te lewer,” vertel Ivy van Huyssteen van die Lions. “Omdat my moeder ook ‘n inwoner is, het ek besluit om self ook ‘n bydrae te lewer.” Ivy het ‘n tjek ten bedrae van R500 as Gansbaai Lions se bydrae aan die Bestuurder, John van Rooyen en suster Linda Meyer oorhandig. Die Lions se versoek is dat dié bedrag vir die lekkergoedtafel aangewend sal word. Terselfdertyd het Ivy twee pragtige skilderye, wat sy self geskilder het, oorhandig om tydens die basaar verkoop te word. “Dis altyd vir ons ‘n groot voorreg om hulp en ondersteuning in enige vorm te kan ontvang,” het John gesê. Die Tehuis se brief het na stygende kostes verwys en gemeld dat Gansbaai se Goue Hande se grootste jaarlikse fondsinsameling die jaarlikse basaar is. 

 ‘n Versoek is tot familielede van inwoners gerig om by een van die verskeie afdelings van die basaar in te skakel of om bydraes op een of ander wyse te lewer. Die komende basaar is vir Saterdag, 4 Oktober 2014 vanaf 10:00 geskeduleer en bied weer eens ‘n groot verskeidenheid van lekkernye, etes, handwerk, koeke en veel meer aan. Die gewildheid van hierdie basaar noop besoekers om betyds op te daag of dis neusie verby met die velerlei lekkernye.

Navrae vir hulp en/of bydraes kan aan Francia van Dyk by 028-384-0262 gerig word.

Hardus Botha

HaS se dankbaarheid

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles