Nuwe Fynbosspesie

Nuwe Fynbosspesie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Tydens die pasafgelope Cape Floral Kingdom Ekspo, is die nuwe fynbosspesie wat ontdek, spesiaal uitgestal. Die spesie is van die familie Fabaceae en is na die ontdekker daarvan, Nicky van Berkel van Knysna, vernoem: die Psoralea vanberkelae.

Nicky het die spesie in die Robberg Kuskorridor tussen Robberg en Harkerville op die Kaapse Tuinroete ontdek. Tussen Oktober en Februarie is die plant vol klein en fyn blou blommetjies. Nicky, ‘n kundige op hierdie gebied, het die eerste fotos van die plant in Augustus 2011 geneem. “Ek het nie geweet dat die spesie baie spesiaal is nie, behalwe dat ek dit nog nooit voorheen gesien het nie,” het sy gesê.

Gedurende Februarie vanjaar, het prof Charles Stirton van die Botaniese Departement aan die Universiteit van Kaapstad, die area besoek. Hy het bevestig dat dit wel ‘n nuwe spesie is wat ontdek is. Nicky het gesê sy voel nederig omdat die spesie na haar vernoem is. “Ek hoop net dat die ontdekking van nuwe spesies mense sal help om nog meer intens bewus te raak van die belangrikheid van bewaring,” het sy beskeie gesê.

Die amptelike bekendmaking van die nuwe spesie is eers onlangs deur Robberg Coastal Corridor Landowner’s’ Association aangekondig. Hierdie organisasie werk nou saam met Sanparke en CapeNature in die Robberg Natuurreservaat. “Wie weet hoeveel ander nuwe spesies is daar buite wat wag om ontdek te word,” het die brosjure mee afgesluit.

Hardus Botha

Nuwe Fynbosspesie

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles