Ware visstorie

“Net ‘n ware staaljie wat met ons gebeur het,” vertel Jan Archibald White. “Ons hengel gereeld vanaf Blue Waters by Pearly Beach en ek en ons vriend, Rodger en ons boot, is die enigstes wat nie van die strand af ingaan nie, maar tussen die rotse deur waar daar ‘n nou gang sonder branders is waar ons die boot instoot.”

Hulle was onlangs weer saam met Grant White se boot, Jancie see toe, met Jan Archibald en Gideon Joubert as bemanning en Grant as skipper. Daarna was hulle weer see toe, met Rodger saam met hulle. Grant het 4 stokke in die water gehad, 2 by hom en 2 wat agter in die "trawling” houers gerus het met aas wat so bo die water geswaai het.

Onverwags stamp iets uit water aan die een stok - uit die houer uit en daar gaan die stok diepsee toe. “So 15 minute later slaan Rodger se stok vas en dit lyk na ‘n groot vis of ‘n haai (die haaie het ons nogal baie moeilikheid gegee)”. Rodger het getrek en getrek en gesukkel.

Na ‘n ruk se gespook wys Ta sy kop en tot hulle verbasing is dit Grant se visstok wat hy netjies gehak het en aan die hoek is die haai ook nog. Wat ‘n Visstorie! Jan Archibald vertel dat hulle ‘n paar mooi visse, stompneus, rooi romans en silvervis gedurende die afgelope 3 dae gevang het, met ‘n paar uitsonderlike groot Hotties daarna.

Hardus Botha

 Grant White met sy  4kg stompneus
 Grant White met sy stompneus en rooi roman