Jou UNIEKE PLEK in GOD se skepping

Jou UNIEKE PLEK in GOD se skepping

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

“Vir een het hy vyf goue muntstukke gegee, vir 'n ander twee, en vir 'n derde een. Hy het aan elkeen volgens sy bekwaamheid gegee en toe op reis gegaan.” (Mat. 25:15) 

“Aan elkeen afsonderlik word 'n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal.”  (1Kor. 12:7)

Ons het al ’n paar keer in hierdie rubriek gevra hoekom ons as christene dan nie die wêreld verander soos wat GOD van ons verwag om te doen nie. Is ons dan nie die sout van die aarde en die lig vir die wêreld nie? (Mat 5:13-16)  Is die kragtige werking van die Gees van Jesus nie in ons almal teenwoordig nie? (Ef. 1:19)  

Ek wil dit waag om te sê die grootste rede hoekom ons geen verskil as christene maak nie, is omdat ons nie elkeen ons besig hou met die taak waarvoor GOD ons geroep het nie. Ja, jy het reg gelees: GOD het jou geroep om ’n spesifieke taak vir Hom hier op aarde te doen. Jy is UNIEK! Niemand lyk soos jy of kan iets spesifiek so goed soos jy doen nie. GOD weet dit. Daarom het Hy jou toegerus met spesifieke gawes om jou spesifieke taak te doen.

Lees weer die twee verse wat hier aan die begin aangehaal is. Daar staan nie dat elkeen dieselfde talente (muntstukke) kry nie – GOD gee aan elkeen volgens sy bekwaamheid.  As jy dan net één gawe ontvang het, byvoorbeeld om mense te help wat sukkel, of om ernstig te bid vir siekes of die wat moedeloos is, – dan moet jy jou een gawe voluit tot eer van GOD uitleef – elke dag – oor en oor – totdat GOD jou eendag kom haal. Dit is wat jou taak in GOD se wenspan is. Lees wat staan in 1 Korintiërs 12:7 – “Aan elkeen afsonderlik word ’n gawe van die gees gegee tot voordeel van almal.” Nie net aan ‘party mense’  nie – aan almal! Hou dan op om te sê: “Ek kan niks doen nie!”  Begin om die Gees biddend te vra wat jou spesifieke gawe is – en as jy dit ontdek het – begin om jou gawe uit te leef tot eer van GOD! “Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat GOD jou gegee het...soos 'n vuur weer moet aanblaas. Die Gees wat GOD ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.” (2Tim. 1:6,7)

Weet nou: Jy het ’n UNIEKE taak in GOD se koninkryk. (GOD het dit self aan jou gegee!)

Jy moet hierdie gawe ontdek en begin uitleef in jou daaglikse lewe.

Jou gawe is om GOD te dien en Hom te verheerlik – dit gaan nie oor jou nie!  (1 Pet. 4:11)

“Laat ons skyn vir Jesus met ’n helder glans! Jy in jou klein hoekie en ek in myn!” (Halleluja-lied!)

Jou UNIEKE PLEK in GOD se skepping

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...

Gans-Berg Nuus / News
Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

See All Articles