Jou UNIEKE PLEK in GOD se skepping

Jou UNIEKE PLEK in GOD se skepping

Gansbaai Courant

“Vir een het hy vyf goue muntstukke gegee, vir 'n ander twee, en vir 'n derde een. Hy het aan elkeen volgens sy bekwaamheid gegee en toe op reis gegaan.” (Mat. 25:15) 

“Aan elkeen afsonderlik word 'n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal.”  (1Kor. 12:7)

Ons het al ’n paar keer in hierdie rubriek gevra hoekom ons as christene dan nie die wêreld verander soos wat GOD van ons verwag om te doen nie. Is ons dan nie die sout van die aarde en die lig vir die wêreld nie? (Mat 5:13-16)  Is die kragtige werking van die Gees van Jesus nie in ons almal teenwoordig nie? (Ef. 1:19)  

Ek wil dit waag om te sê die grootste rede hoekom ons geen verskil as christene maak nie, is omdat ons nie elkeen ons besig hou met die taak waarvoor GOD ons geroep het nie. Ja, jy het reg gelees: GOD het jou geroep om ’n spesifieke taak vir Hom hier op aarde te doen. Jy is UNIEK! Niemand lyk soos jy of kan iets spesifiek so goed soos jy doen nie. GOD weet dit. Daarom het Hy jou toegerus met spesifieke gawes om jou spesifieke taak te doen.

Lees weer die twee verse wat hier aan die begin aangehaal is. Daar staan nie dat elkeen dieselfde talente (muntstukke) kry nie – GOD gee aan elkeen volgens sy bekwaamheid.  As jy dan net één gawe ontvang het, byvoorbeeld om mense te help wat sukkel, of om ernstig te bid vir siekes of die wat moedeloos is, – dan moet jy jou een gawe voluit tot eer van GOD uitleef – elke dag – oor en oor – totdat GOD jou eendag kom haal. Dit is wat jou taak in GOD se wenspan is. Lees wat staan in 1 Korintiërs 12:7 – “Aan elkeen afsonderlik word ’n gawe van die gees gegee tot voordeel van almal.” Nie net aan ‘party mense’  nie – aan almal! Hou dan op om te sê: “Ek kan niks doen nie!”  Begin om die Gees biddend te vra wat jou spesifieke gawe is – en as jy dit ontdek het – begin om jou gawe uit te leef tot eer van GOD! “Om hierdie rede herinner ek jou daaraan dat jy die genadegawe wat GOD jou gegee het...soos 'n vuur weer moet aanblaas. Die Gees wat GOD ons gegee het, maak ons immers nie lafhartig nie, maar vul ons met krag en liefde en selfbeheersing.” (2Tim. 1:6,7)

Weet nou: Jy het ’n UNIEKE taak in GOD se koninkryk. (GOD het dit self aan jou gegee!)

Jy moet hierdie gawe ontdek en begin uitleef in jou daaglikse lewe.

Jou gawe is om GOD te dien en Hom te verheerlik – dit gaan nie oor jou nie!  (1 Pet. 4:11)

“Laat ons skyn vir Jesus met ’n helder glans! Jy in jou klein hoekie en ek in myn!” (Halleluja-lied!)

Jou UNIEKE PLEK in GOD se skepping

Ds Deon Kloppers

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

1 May 2024: Afval Pot and Skaap Pot

Come join us on 1 May 2024 for a tasty meal featuring our Afval Pot and Skaap Pot.

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

Ontdek Zimbabwe en Botswana (Deel 12)

In Deel 12 sluit ons af met die twee egpare, Fanie en Judy Bothma van Franskraal en Dolf en Elna Nel van Saldanha...

Gans-Berg Nuus / News
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Grootbos Foundation
Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Front-Row Seats to Breathtaking Sunsets in the Gansbaai Harbour

Experience the breathtaking sunsets of Gansbaai at N०1 Harbour Way!

N०1 Harbour Way
Deadly Death Cap Mushroom

Deadly Death Cap Mushroom

Behold the Death Cap mushroom which was spotted in the Walker Bay Fynbos Conservancy. 

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Overstrand Tourism Diary: Weekend Events Schedule

Check out the latest Overstrand Tourism Diary for a weekend full of fun activities! 

See All Articles