“Lente is die natuur se manier om vir ons te sê ons moet vrolik wees,” het die verwelkomingskaartjie op die Birkenhead Boothengelklub se mooi versierde tafels met gekleurde vere en maskers gelui. Die klub se maandeinfunksie is in die vorm van ‘n Lentedans aangebied, met groot gekleurde maskers in ‘n mooi versierde saal. Die ete was vanuit die boonste rakke - bobotie, geelrys en bybehore. Raymond Rabe het ewe “gemaskerd” agter sy musiekfabriek stelling ingeneem en gesorg dat die voete die hele aand jeuk. Klublid Brain King is met sy 78-jarige verjaardag deur voorsitter Philip Fourie gelukgewens, met Raymond wat vir ‘n spesiale verjaardaglied gesorg het. Johan Wiese se geluktrekkings vir 2 bottels goeie wyn, wat deur Sextus Neethling geskenk is, is deur Hennie van Niekerk en Maryna Henn gewen.
Petro Scholtz was vir die saalversiering verantwoordelik, met die kosmakers as Lorraine Fourie, Johan en Suzette (+nagereg) Wiese, John en Tollie Thompson en Stella Swart (broodtafel). Kompetisienavrae kan aan Johan Burmeister, wedstrydsekretaris, by 082-895-7647 gerig word en Klubnavrae aan Philip Fourie, voorsitter, by 082-747-3634.
Hardus Botha