Rolbal nuus

Rolbal nuus

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Die afgelope naweek het vier spanne van Franskraal op Riviersonderend aan hul ope dag gaan deelneem.  Die weer was ideaal vir rolbal en goeie spel is deur al die spanne gelewer. Besoekende spanne van onder andere Hermanus, Greyton, Caledon en Bredasdorp het aan die kompetisie deelgeneem.

Die oggend se eerste twee wedstryde is op 'n gelote basis oor 13 koppe elk gespeel en die laaste wedstryd van die dag is oor 15 koppe op 'n sterk teen sterk basis gespeel.  Die spanne van Franskraal het hulself baie goed van hul taak gekwyt en twee van ons spanne moes uitspeel om die wenners van die dag te bepaal.  Daardie spanne was dié van Tommie van Niekerk (skipper), Jane de Villiers, Marie Pretorius en Johan Fick en hul opponente was die span van Bryan Chambers (skipper), Archie Chambers, Philip Malherbe en Sonia Chambers.  Veral die span van Tommie van Niekerk het konstant, uitstekende spel gelewer.  Hulle was waardige wenners van daardie wedstryd en het daarmee dan ook die dag as wenners van die kompetisie afgesluit . 

Ons hartlike geluk aan hulle. Ons gasheer klub het ons gul ontvang en dadelik laat tuis voel.  Alles was baie goed georganiseer.  Die bane was goed en die versnaperinge tydens tee en ook die middagete wat aan ons voorgesit is, was uit die boonste rakke.  Ons opregte dank dan ook aan ons gasheer se bestuur en almal wat meegewerk  het om van die dag 'n groot sukses te maak.  Ons sal julle beslis weer ondersteun. Die weer is stadig maar seker besig om te verander en ons sien uit na 'n pragtige rolbalseisoen by Franskraal Rolbalklub. 

Ons A-baan is onlangs van 'n ligte grondbedekking voorsien en sal hopelik weer aan die begin van Oktober gereed wees vir spel.  Dit sal beteken dat ons moontlik ook met ons “sunset bowls” kan begin.  Hier beoog ons om aan ons besighede en ander belangstellendes die geleentheid te bied om op 'n Woensdagaand aan sosiale spel deel te neem.  Meer hieroor later. 

Ek rig graag weer 'n uitnodiging aan almal wat daarin belang sou stel om rolbal te speel, om myself by 0829202941 en philipm@sswifi.co.za of vir Marius de Witt by 0829260892 en mtdewit@absamail.co.za vir meer inligting te skakel. Rolbal groete tot volgende keer.

Philip Malherbe

Rolbal nuus

Philip Malherbe

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles