Maynard van Niekerk sê die deelnemers aan Overberg Kushengelklub se maandelikse kushengelkompetisie het ‘n paar “mooies” kant toe gebring.
17 hengelaars het deelgeneem, waarvan 5 ingeweeg het. Die eerste prys vir die swaarste vis, ‘n steenbras (3.74kg), asook vir die swaarste sak (3.74kg), is deur Arno van der Merwe ingepalm. Kort agter hom was Morné Olivier met sy twee mooi galjoene van 1.20kg en 1.26kg.
Die res van die manne het elk ‘n galjoen gevang: Henry Smit (1.40kg), Johan Lesch (1.34kg) en Gerco Engelbrecht (0.80kg). Die maandkompetisie het in die kus-omgewing van Gansbaai plaasgevind. Maynard rig graag die volgende bedankings: Walkerbay Bottelstoor, Liquorland, Jimmy Rockets, Kekkel & Kraai, Gansbaai Car & Boat Wash, Carwash Gansbaai en Chopper & Chains. “Ons volgende gesinsnaweek te Stilbaai is vir 3 Oktober 2014 gereël,” sê Maynard. “Die klub se manne, vrouens en kinders is welkom en die Saterdag sal ons en Stilbaai teen mekaar meeding.”
Maynard sê daar sal sowat 50 gesinslede teenwoordig wees, wat dit ‘n baie gesellige naweek maak. Navrae rakende Overberg Kushengelklub kan die Wedstrydsekretaris, Leibrandt van Niekerk by 082-487-3106 gekontak word, of stuur ‘n epos aan hom by bietouprops@gmail.com.
Hardus Botha