Stanford het Sondag die Gansbaaiers goed die loef afgesteek in die eerste wedstryd van die krieketseisoen. Gansbaai het eerste gekolf en 121 lopies aangeteken waarna die tuisspan op 'n gallop geantwoord het met 'n oorwinning van 8 paaltjies.
Vir Gansbaai het Christo Swart (48) goed met die kolf vertoon terwyl die broers, Morné (40) en Renier van Zyl (54) van Stanford albei nie uit was nie.
Francois de Jongh