Twee van Gansbaai se laerskoolleerders het tot op provinsiale-vlak deurgedring tydens die onlangse WOW Spelfees 2014. WOW staan vir “Woorde Open Wêrelde” en word deur die Wes-Kaapse Onderwys aangebied. Carla Oosthuizen (7), ‘n Gr 1 leerder van Laerskool Gansbaai, het in die Overberg Onderwysdistrik te Caledon se uitdunne tweede geëindig, asook tydens die Overberg Onderwys Kring 2, met sertifikate en medaljes wat sy ontvang het. Daarmee het sy na die Provinsiale kompetisie deurgedring, maar ongelukkig uitgeval en net ‘n sertifikaat vir haar deelname ontvang. Die ander leerder, Elize Appel (12), ‘n Gr 7 leerder van Gansbaai Primêr, se paadjie tydens die Spelfees het soortgelyk verloop. Elize het ook suksesse tydens die Overberg Onderwysdistrik te Caledon en Kring 2 behaal. Ongelukkig het sy ook tydens die Provinsiale kompetisie in rondte 26 uitgeval.
Die onderskeie laerskole is saam met Gansbaai trots op hierdie leerders en vertrou dat hulle volgende jaar hulle staal in die Provinsiale kompetisie sal wys.
Hardus Botha