Laerskool Gansbaai se Gr R’e (40 van hulle) het dr Righardt van Huyssteen, Familie Tandarts te Barnardstraat op 16 Mei 2014 besoek om meer oor tandartsbesoeke en tandversorging en gesonde kosse te wete te kom.
Die leerders het om die beurt stelling op die tandartsstoel ingeneem en kon selfs na foto’s van hul tande kyk. Daarna is hulle met verskeie geskenkies soos tandeborsels, tandepasta, stickers, appels, minuutglasies en inkleurprentjies bederf, asook sertifikate. De Kleine Gansies Kleuterskool kon nie na die spreekkamers vervoer word nie, maar hulle is by die skooltjie besoek. Daar het hulle dieselfde geskenkies ontvang, asook sertifikate nadat volledige demonstrasies deur Righardt ook aan hulle gelewer is.
Hardus Botha