Boot gebaseerde fotografie

Boot gebaseerde fotografie

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Hennie Otto van Marine Dynamics en Dyer Island Conservation Trust het op 8 September ‘n interessante praatjie oor die kuns van boot-gebaseerde fotografie aan lede van die Gansbaai Fotografieklub aangebied. “Hennie se aanbieding het gehandel oor die haaie, walvisse, dolfyne, seevoëls en ander seelewe wat in die Kleinbaai- Dyer Eiland omgewing voorkom,” vertel Christo Wessels, voorsitter: Gansbaai Fotografieklub.

“Onder andere het hy ook ‘n professionele video oor die haai- en walvis toerismebedryf aan die lede vertoon.” Christo sê dat Hennie se uitstekende foto’s van veral die Groot Withaai, walvisse en seevoëls in die Dyer Eiland kus- en see-omgewing boeiend was en ook getoon het dat hy professioneel agter sy kamera optree. “Hennie het nie net sy jarelange praktiese ondervinding van bootgebaseerde mariene-fotografie met almal gedeel nie, maar hy het ook lede se vrae daaroor in diepte beantwoord,” sê Christo. “Hy het baie klem op die bewaring en rehabilitasie van die see- en kuslewe geplaas en het statistieke, wat die verspreiding van die Groot Withaai aandui, met die groep gedeel, asook inligting oor hul gewoontes en maniere.” Hennie was aanvanklik in die kommersiële Vissersbedryf en is sedert 1992 ‘n gekwalifiseerde skipper.

In 2008 sluit hy as skipper by Marine Dynamics en Dyer Island Conservation Trust aan en is tans die Algemene Bestuurder van Marine Dynamics, asook skipper van hulle boot, SlashFin. Hennie is by etlike bewarings- en navorsingsprojekte betrokke en werk ook nou saam met universiteite.

Sy bekende uitspraak is: “My passion in life is not only the marine life, but also the life of nature!” Gansbaai Fotografieklub vergader elke 1ste en 3de Maandag van die maand om 18:15 vir 18:30 te Kerkstraat 30, oorkant die laerskoolhek. Die tema’s vir foto’s vir die volgende byeenkomste is “Lente/Spring” (22 September 2014) en “Vervoer/Transport” (Oktobermaand).

Vir klubnavrae kan Christo Wessels by 082-920-9738 of Linda Kloppers by 082-550-7313 geskakel word.

Hardus Botha

Boot gebaseerde fotografie

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles