Profiel Hennie en Aletta Lochner

Profiel  Hennie en Aletta Lochner

Gansbaai Courant

 “Het ek julle al van hierdie ou in Garies vertel….?”. Wanneer Hennie Lochner die slag met hierdie vraag met sy kenmerkende aksent begin, word daar reeds gelag voordat hy verder kan praat. Jan Hendrik Marthinus (Hennie) Lochner is op 21 Augustus 1939 op die plaas Grootriet, sowat 45km vanaf Garies en in die hart van Namakwaland “in ‘n tent” gebore. Daar het hy grootgeword en skoolgegaan, maar is later na die Hoër Landbouskool Clanwilliam en daarna vir ‘n jaar na Elsenburg Landbou Opleidings Instituut.

Hennie se ouers is reeds oorlede en hy het 1 broer en 5 susters. Aletta Lochner (Langeveldt) is op 30 Junie 1946 te Piketberg gebore, waar sy ook op skool was en grootgeword het. Aletta het 3 broers en 2 susters, met haar moeder, Marie Kriger (91), wat nog in die lewe is. Na skool is sy na die Wellington Kollege waar sy musiek, orrel, klavier en kooraspekte bestudeer het. Die egpaar is bykans 45 jaar gelede op 20 Desember 1969 te Eendekuil in die huwelik bevestig. Drie dogters is uit die huwelik gebore: Marianne (41), Christine (37) getroud met Cilliers Joubert, met 2 kinders en Alana (33). Hennie het vir 50 jaar, tot en met hulle aftrede, op die plaas Grootriet tussen Garies en Nuwerus in die pragtige Namakwaland geboer. Die plaas is op ‘n interessante wyse in twee “verdeel”: die een deel is in die Noord-Kaap en ander een deel in die Wes-Kaap, met die pad vanaf Garies na Pofadder en Upington wat daar deurloop.

“Hier het ons nederig en na aan die grond gelewe, soos Namakwalanders doen,” sê Hennie. Die hooffokuspunt van sy boerdery was swartkop dorpers en veredelde boerbokke.

Hennie was nie net ‘n bekwame boer nie, maar was vir vele jare aktief op verskeie gebiede bedrywig, soos: Direkteur: Garies Landbou Koöperasie; Direkteur: Namakwaland Landbou Koöperasie te Vredendal; Direkteur: Vleis Koöperasie; Voorsitter: Skool Beheerliggaam en Koshuiskomitee; NGK Garies Kerkraad en Finansiële Kommissie (voorsitter); Voorsitter: Garies Eeufees Komitee (2004). Aletta was ‘n eweneens bedrywige boervrou, “maar anders as Hennie, het ek ‘n renons in vergaderings,” vertel hierdie doen-mens. Haar bedrywighede is deur-en-deur musiek georiënteer, met die fokus op koorafrigting. Voorbeelde van koorafrigting te Garies is: kerkkore, 2 mannekore, skoolkore (Laer- en Hoërskool), ‘n bejaarde-koor, asook skool-koortoere wat onderneem is. Sy het ook die pragtige Eeufeeslied van Garies NG-gemeente geskryf en getoonset. ‘n Koorlid van Garies het eendag gesê: “As jy net kan wysie hou, maak Aletta van jou ‘n koorsanger!”

Dan was sy ook bedrywig by die skool se Vroueverening. Gedurende 2006 het hulle die plaas verkoop en einde 2007 na De Kelders verhuis vir ‘n “rustige” aftrede, wat nie lank gehou het nie. Hier is Hennie onder andere betrokke by die NG-gemeente se koor, kerkraad, kommissies, finansiële dagbestuur, terwyl hy ook op Herberg-aan-See se Beheerraad dien. As koorafrigter fokus Aletta hier op die gewilde NG-Kerkkoor, VGK Mannekoor, NGK Mannekoor en die Laerskoolkoor tydens Kerssangdienste. Sy het ook al uitstekende konsert- en spesiale koorgeleenthede georganiseer, is jaarliks vir die Kerssangdiens verantwoordelik en dien ook op die Bietoubos Damesklub se bestuur.

Tans is sy besig met die skryf en toonsetting van ‘n spesiale lied vir die NG-gemeente se 70ste Feesvieringe later vanjaar, terwyl sy ook besig is om ‘n spesiale konsert vir dié geleentheid te skryf en te beplan, met vanjaar se Kerssangdiens wat ook reeds in beplanning is. Die egpaar geniet steeds goeie gesondheid en sê dat hulle baie gelukkig in Gansbaai aangepas het, met vele vriendelike en ondersteunende vriende en kennisse.

Hardus Botha

Profiel  Hennie en Aletta Lochner

Hardus Botha

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Fenominale Franskraler - Natalie Louw

Skilder, skrywer, digter, beeldhouer, fotograaf, skut, liefde vir renmotors, Kayalami-ritte, blinde navigasie betrokkenheid, landloop-skeidregter, vryskutjoernalis, rubriekskrywer...

Gans-Berg Nuus / News
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Congratulations to Grootbos which won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Grootbos Foundation
Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

Grootbos Wins Gold for Community Development at WTM 2024

We're excited to announce that Grootbos won a GOLD award for Community Development at the World Travel Market.

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos - ‘First Thursday’

Afrikanos, die restaurant, bekend vir sy krokodille, op die dangerpoint-pad, het ‘n bedrywige en gesellige ‘First Thursday’ op Donderdagaand, 4 April 2024.

Gans-Berg Nuus / News
Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf Competition Results for 17 - 21 April 2024

Golf competition results for 17 - 21 April 2024.

Gansbaai Golf Club
SMEG Traditional Kitchen Collection

SMEG Traditional Kitchen Collection

Explore the perfect blend of style and practicality with the SMEG Traditional Kitchen Collection, now in stock at S Herholdt. 

S Herholdt
See All Articles