Profiel Hennie en Aletta Lochner

Profiel  Hennie en Aletta Lochner

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Het ek julle al van hierdie ou in Garies vertel….?”. Wanneer Hennie Lochner die slag met hierdie vraag met sy kenmerkende aksent begin, word daar reeds gelag voordat hy verder kan praat. Jan Hendrik Marthinus (Hennie) Lochner is op 21 Augustus 1939 op die plaas Grootriet, sowat 45km vanaf Garies en in die hart van Namakwaland “in ‘n tent” gebore. Daar het hy grootgeword en skoolgegaan, maar is later na die Hoër Landbouskool Clanwilliam en daarna vir ‘n jaar na Elsenburg Landbou Opleidings Instituut.

Hennie se ouers is reeds oorlede en hy het 1 broer en 5 susters. Aletta Lochner (Langeveldt) is op 30 Junie 1946 te Piketberg gebore, waar sy ook op skool was en grootgeword het. Aletta het 3 broers en 2 susters, met haar moeder, Marie Kriger (91), wat nog in die lewe is. Na skool is sy na die Wellington Kollege waar sy musiek, orrel, klavier en kooraspekte bestudeer het. Die egpaar is bykans 45 jaar gelede op 20 Desember 1969 te Eendekuil in die huwelik bevestig. Drie dogters is uit die huwelik gebore: Marianne (41), Christine (37) getroud met Cilliers Joubert, met 2 kinders en Alana (33). Hennie het vir 50 jaar, tot en met hulle aftrede, op die plaas Grootriet tussen Garies en Nuwerus in die pragtige Namakwaland geboer. Die plaas is op ‘n interessante wyse in twee “verdeel”: die een deel is in die Noord-Kaap en ander een deel in die Wes-Kaap, met die pad vanaf Garies na Pofadder en Upington wat daar deurloop.

“Hier het ons nederig en na aan die grond gelewe, soos Namakwalanders doen,” sê Hennie. Die hooffokuspunt van sy boerdery was swartkop dorpers en veredelde boerbokke.

Hennie was nie net ‘n bekwame boer nie, maar was vir vele jare aktief op verskeie gebiede bedrywig, soos: Direkteur: Garies Landbou Koöperasie; Direkteur: Namakwaland Landbou Koöperasie te Vredendal; Direkteur: Vleis Koöperasie; Voorsitter: Skool Beheerliggaam en Koshuiskomitee; NGK Garies Kerkraad en Finansiële Kommissie (voorsitter); Voorsitter: Garies Eeufees Komitee (2004). Aletta was ‘n eweneens bedrywige boervrou, “maar anders as Hennie, het ek ‘n renons in vergaderings,” vertel hierdie doen-mens. Haar bedrywighede is deur-en-deur musiek georiënteer, met die fokus op koorafrigting. Voorbeelde van koorafrigting te Garies is: kerkkore, 2 mannekore, skoolkore (Laer- en Hoërskool), ‘n bejaarde-koor, asook skool-koortoere wat onderneem is. Sy het ook die pragtige Eeufeeslied van Garies NG-gemeente geskryf en getoonset. ‘n Koorlid van Garies het eendag gesê: “As jy net kan wysie hou, maak Aletta van jou ‘n koorsanger!”

Dan was sy ook bedrywig by die skool se Vroueverening. Gedurende 2006 het hulle die plaas verkoop en einde 2007 na De Kelders verhuis vir ‘n “rustige” aftrede, wat nie lank gehou het nie. Hier is Hennie onder andere betrokke by die NG-gemeente se koor, kerkraad, kommissies, finansiële dagbestuur, terwyl hy ook op Herberg-aan-See se Beheerraad dien. As koorafrigter fokus Aletta hier op die gewilde NG-Kerkkoor, VGK Mannekoor, NGK Mannekoor en die Laerskoolkoor tydens Kerssangdienste. Sy het ook al uitstekende konsert- en spesiale koorgeleenthede georganiseer, is jaarliks vir die Kerssangdiens verantwoordelik en dien ook op die Bietoubos Damesklub se bestuur.

Tans is sy besig met die skryf en toonsetting van ‘n spesiale lied vir die NG-gemeente se 70ste Feesvieringe later vanjaar, terwyl sy ook besig is om ‘n spesiale konsert vir dié geleentheid te skryf en te beplan, met vanjaar se Kerssangdiens wat ook reeds in beplanning is. Die egpaar geniet steeds goeie gesondheid en sê dat hulle baie gelukkig in Gansbaai aangepas het, met vele vriendelike en ondersteunende vriende en kennisse.

Hardus Botha

Profiel  Hennie en Aletta Lochner

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles