“Gansbaai Lionsklub wil eerstens vir Angela Caie en haar moeder, Genia Caie, baie dankie sê vir vele donasies wat hulle al vir behoeftiges beskikbaar gestel het,” sê Ivy van Huyssteen van Gansbaai Lionsklub. “Soos onder andere komberse, skoolskoene, Kersmandjies (hampers) en veel meer.”
Ivy sê vele families en kinders het al by hierdie optrede van dié twee dames se ruim harte en goedhartigheid baatgevind. Ivy bedank ook graag die gemeentelede van die Katolieke Kerk in Gansbaai, asook die Gansbaai Seniorklub onder leiding van Angela vir al hulle ondersteuning, bydraes en donasies wat effektief deur Gansbaai Lionsklub benut word.
“Ek het die voorreg gehad om onlangs weer 40 truie en 6 warm komberse aan Gansbaai Primêr se skoolhoof, Tommy Volkwyn, Ellen Dunston en Carmen Hans van die skool te kon oorhandig,” sê Ivy.
Hardus Botha