HEILIG HEILIG HEILIG is die HERE

HEILIG HEILIG HEILIG is die HERE

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Praat met die hele gemeente Israel en sê vir hulle: Wees heilig, want Ek die HERE julle GOD is heilig.” (Lev 19:2) 

“Elkeen van die vier lewende wesens het ses vlerke gehad, wat aan die bokant en aan die onderkant vol oë was. Hulle het dag en nag sonder om te rus, gesê: “Heilig, heilig, heilig is die HERE  GOD, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom.” (Open. 4:8) 

Hoe nodig het ons nie om hierdie woorde te hoor nie! “Heilig, heilig, heilig is die HERE  GOD, die Almagtige, Hy wat was en wat is en wat kom.” Ja, ons as  Christene en dan ook die hele wêreld, moet elke dag verwonderd gaan staan as ons dink aan GOD se heiligheid. Maar ons moet ook weer luister dat GOD van ons verwag om heilig te wees soos wat Hy heilig is. In die Ou Testament het die priesters die gemeente (Israel) telkens vermaan om heilig te lewe, want GOD is heilig. In die Nuwe Testament vermaan Petrus die gemeentes in Klein-Asië om heilig te lewe voor GOD!  “Nee, soos Hy wat julle geroep het, heilig is, moet julle ook in julle hele lewenswandel heilig wees.  Daar staan immers geskrywe: “Wees heilig, want Ek is heilig.” 1Pet. 1:15,16)

Heilig (kadosh –Hebreeus, of Hagios –Grieks) beteken om “Af te sonder” of “eenkant gesit.” Om heilig te wil lewe moet ons lewe bewustelik eenkant gesit word, afgesonder word vir ons HERE GOD. As kinders van GOD wat deur Hom uitverkies, begenadig en geseën word, moet ons daaglikse lewe gekenmerk word deur woorde en dade van heiligheid, waardigheid en getrouheid. Natuurlik gaan jy nie rondloop asof daar ’n ligkrans om jou kop is nie – maar jy gaan wel rondgaan met woorde van bemoediging en troos. Jy gaan met elke woord wat jy uitspreek toets of dit GOD se heiligheid waardig is. Bou dit die mense om my op, of breek dit hulle af? Alles wat jy gaan doen word gedoen asof jy dit op daardie oomblik vir GOD doen. Is dit wat ek aan my geliefdes, my meerderes en minderes, elke dag doen – is dit tot eer van GOD of nie?

Miskien moet ons minder sê dat ons christene is en meer heilig begin lewe. Waar ons lewe, werk en speel, moet ander dadelik kan sien ons is geheilig vir die HERE. Neem vandag die besluit om jou harte en jou gedagtes aan die die HERE te heilig. Verwyder enige negatiewe gedagte en vul jou lewe met alles wat mooi en reg en waar is! (Fil. 4:8,9) Dan woord GOD se Naam ook geheilig soos ons bid in die Onse Vader!

HEILIG HEILIG HEILIG is die HERE

Ds Deon Kloppers

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Simple Beauty in Bloom

Simple Beauty in Bloom

Our nature shot is of Petalacte coronata, which was photographed by our conservation team this week.

Grootbos Foundation
Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Overstrand Tourism Diary: 6 - 10 May 2026

Here’s the latest Overstrand Tourism Diary.

Gansbaai Tourism
Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Renovation Project Progress by Combined Engineering Solutions (CES)

Since April 2026, Combined Engineering Solutions (CES) has been hard at work on an ongoing renovation project for an existing home...

Gans-Berg News - 8 May 2026

Gans-Berg News - 8 May 2026

This week’s edition of Gans-Berg Nuus / News highlights powerful community stories...

Gans-Berg Nuus / News
Beautiful Baskets Now in Store

Beautiful Baskets Now in Store

At Koekeloer Gift Shop, you’ll find a stunning selection of beautifully crafted baskets ready to suit any need.

See All Articles