Krakers steenbas elwe

Krakers steenbas elwe

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

Lekker nuus, en hierdie keer ‘n slaggie vir die stokmanne. Eers wil ek vir Kobus van Kleinbaai bekend stel. Geen van of adres nie. Nee, sê hy, Kobus sal doen. Sy seun, Joshua is ook ‘n ywerige hengelaar en foto’s van knewels is daar baie.

Kobus begin sy dag deur die see te bestudeer, ideal volgens hom wanneer die noordwestewind reeds so dag of twee gewaai het en dan gaan lê. Dan behoort die see lewendig te wees  --  en dís waarvoor hy soek. Lees gerus hier en tuit die ore want hierdie man konsentreer op krakers en witsteenbras, met galjoen wanneer hulle begin lastig raak, as ‘n ekstra. Net om die aandag ordentlik te kry,  verlede Donderdag is ‘n mooi kraker naby Franskraal gevang, Nie deur hom nie, maar hy weet van hom! En wie weet van die mooi elwe wat ook in daardie omgewing aangekeer is, en ons praat van allemintige goed. Die krakers en ordentlike steenbras  word al vir ‘n paar maande so gevang. Hy is ‘n bietjie vaag oor watter ase gebruik word. Ons almal weet mos dat siffie die ideale aas is, maar sê hy nee, dis onwettig! Wanneer hy praat is daar so ‘n ekstra vonkel in sy oë wanneer hy krewels meld, maar hy beweer dat rooiaas die bobaas-aas is. Maar ook nie sommer die “gewone” rooie nie, nee, dié word gewoonlik uitgeduik en is ook bekend as modderrooiaas. Hierdie aas het ekself aan ‘n hoek gesien en ‘n kraker sal dit beslis nie miskyk nie. Bloedwurm, veral vir steenbras is ‘n ander goeie opsie.

 Die verbasendste aspek is dat die area waar hy so groot sukses behaal strek slegs vanaf die Gruis tot kort duskant Danger Point. Maar watter hengelaar is bereid om sy presiese plekkies uit te lap? Die beste wat jy hier kry is ‘n grinnik.

Dis darem nie net vir see toe en krakers gaan vang nie. Hy en so paar ander manne maak dit amper ‘n alledaagse taak. Daar gaan baie moeite, baie tyd en veral kundigheid daarin om op so ‘n basis soveel sukses te behaal. En natuurlik, die ouens is lief vir hulle sport. Daar is net een manier om hierby uit te kom en dis moue oprol en baie, baie moeite. En as jy nie sommer baie van jou sport hou nie, los maar.

So bietjie nuus vir die bootmanne: Die afgelope naweek. Baie haaie en selfs ‘n paar kabeljoue  --  dis waarvoor ons moet begin regmaak. Groete, Seemeeu

Krakers steenbas elwe

Seemeeu

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles