Lions wis tekort uit

Lions wis tekort uit

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Hierdie seun kan gerus dopgehou word, hy gaan nog groot hoogtes in landloop bereik,” is die oorwoë mening wat oor German Lewis uitgespreek is. German is ‘n 12-jarige knaap en ‘n Gr 4 leerder aan Gansbaai Primêr.

Gansbaai Courant het onlangs weer berig dat hy 3de tydens die WP Landloop Kampioenskappe te George geëindig het, waar hy stof in 80 deelnemers se oë geskop het. Daarmee het hy vir Atletiek Suid-Afrika (ASA) se kampioenskappe te George op 11-13 September gekwalifiseer. Sy afrigter, Corrie Avenant was bekommerd oor German se kostes ten bedrae van R3,200, maar goeie borgskappe is na aanleiding van Gansbaai Courant se berig aangebied. Op die laaste nippertjie het daar nog ‘n bedrag gekort, wat vriendelik deur die Gansbaai Lionsklub geborg is. Jan le Roux het die tjek namens die Gansbaai Lionsklub aan German en Corrie oorhandig.

“Namens Gansbaai Lionsklub wens ek jou alle sterkte toe vir die komende SA kampioenskappe en ons is dankbaar dat ons van hulp kon wees,” het Jan gesê. Intussen het die SA’s plaasgevind en German het nie teleurgestel nie. Met meer as 110 deelnemers het German 11de in die kategorie vir seuns o/12 geëindig, wat ‘n puik prestasie is en hy is heel trots op sy medalje wat hy ontvang het. “Dit was sy grootste wedloop tot nou toe en hy het baie geleer uit die ervaring om teen die land se bestes te kon meeding,” sê Corrie.

Hy rig graag die volgende bedankings: Lions Club, Football Foundation, Marine Dynamics, White Shark Diving Company, White Shark Adventures, White Shark Diving Unlimited, Taurus, Geldenhuys Bouers en elke ouer en onderwyser in die gemeenskap.

 Hardus Botha

Lions wis tekort uit

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

Grootbos Florilegium Brings Fynbos to Eden Project UK

For our parting shot, one of Grootbos Foundation's longest relationships with the Eden Project in the UK...

Grootbos Foundation
Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Self-Acceptance: The Key to Emotional Freedom

Being comfortable with myself sets me free.

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

Gansbaai Artist Antje Shone Celebrates Art Exhibition Success

GGAP CONGRATULATES our very special artist and graphic designer, ANTJE SHONE! 

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Why a Sole Mandate Can Make a Difference When Selling Your Property

Selling a property is more than putting a sign outside the house and placing an advert online.

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R2,495,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Some properties are about the house. Others are about where the house is. This is most definitely one of the latter.

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

October’s Latest Women’s Fashion Arrivals

New month, new pieces at Komtessa Boutique.

Komtessa Boutique
See All Articles