Gansbaai Krieketklub (KK) het Sondag hulle eerste tuisoorwinning van die 2014/2015 krieketseisoen oor Kleinmond KK behaal, deur oortuigend met 136 lopies te wen.
Gansbaai KK het eerste gekolf, en was vroeg in die moeilikheid op 23/3, maar danksy 'n 109 lopies vennootskap om die vierde paaltjie tussen Jonathan Doyle 66 (2x4)(4x6) en Johan Beets 31 (1x4)(1x6) het Gansbaai 176/8 in 40 boulbeurte aangeteken. Kleinmond se beste boulers was Juan (8-0-28-2); Danie (7-1-26-2) en Danny (4-0-17-2).
Kleinmond het toe gaan kolf en kon nie die goeie boulwerk van Gansbaai baas raak nie. Hulle is almal uit vir 40 lopies. Gansbaai se beste boulers was Jonathan Doyle (3-0-7-6); Theuns Otto (4-1-21-1); N Barkhuizen (1-0-2-1) en Juan Havenga (2.2-1-2-1).
Gansbaai se volgende wedstryd is op 28 September weg teen die sterk span van Napier KK.
Groete
Heinrich Vermeulen (082 715 3179)