Scholtz aan die Woord

Scholtz aan die Woord

Gansbaai Courant

Die Courant het die afgelope week die volgende gesprek met die Uitvoerende Onderburgemeester, Rdh Pieter Scholtz, oor sy uittrede as raadslid gehad.

Courant: Waarom jou bedanking?

Ek het net gevoel ek het op ‘n stadium gekom waar ek nou rustiger wil wees. Die jare staan nie stil nie -  en dit is tyd om jonger mense ‘n geleentheid te bied. 

C: Hoelank was jy ‘n Raadslid?

Ek het gedurende einde van 2000 ‘n raadslid geword, dus bykans veertien jaar.

C: En jou loopbaan as raadslid?

Met die verkiesing in 2000 het die DA gewen. Dit was die eerste verkiesing van die nuwe Overstrand Munisipaliteit. Ek was as sweep van die DA koukus verkies en ook as lid op die Portefeuljekomitee vir Stadsbeplanning en Toerisme.

Gedurende 2003 het sewe van die twaalf DA raadslede na die ANC oorgeloop en net 5 van ons het in die DA agtergebly. Ons het die opposisie geword en ek is toe as leier van die opposisie verkies. Gedurende 2006 het die DA weer die verkiesing gewen en ek is op die Uitvoerende Burgemeesterskomitee en voorsitter van die Portefeuljekomitee van Finansies en Plaaslike Ekonomiese Ontwikkeling aangewys. Gedurende 2009 is ek as Uitvoerende Onder Burgemeester verkies en word ook voorsitter van die Portefeuljekomitee oor Infrastruktuurdiense en Beplanning. Ek het die posisie gehou tot  nou. Ek het ook gedurende 2011 die ere-titel van Raadsheer ontvang.

C: Het jy ander politieke poste beklee?

Ja, ek was ook die veldtogbestuurder vir Gansbaai vir ses verkiesings. Ek was ook die voorsitter van die Plaaslike Bestuurskomitee vir Overstrand en veldtogbestuurder vir 2011 se verkiesing. Ek was die tesourier van die Oos-Streek van die DA en dus op die Provinsiale Finanskomitee.

C: Wat was jou laagtepunt en wat sou jy as jou hoogtepunt beskou?

Die laagtepunt vir my was ongetwyfeld toe die sewe raadslede saam met die  ANC in die politieke bed gespring het. Die hoogtepunt was toe ons die volgende verkiesing in 2006 met ‘n groter meerderheid gewen het.

C: Wat het in jou termyn gebeur wat jy kan uitlig?

Daar het soveel positiewe gebeur dat dit moeilik is om enkeles uit te lig. Daar was behuisingsprojekte, talle strate in die Overstrand is geteer, Watersuiweringswerke, ook in Gansbaai, De Kelders en Pearly Beach, is opgradeer of nuut gebou. Rioolsuiweringswerke, ook in Gansbaai, is gebou. Talle elektrisiteitsnetwerke is opgradeer. Ons het 16 gemeenskapsale of opgradeer of nuut gebou. Ons het sedert 2000 in die groter Gansbaai alleen R243,349,027 op infrastruktuur bestee. Die pad na Bredasdorp was een van die eerste projekte wat ek en my kollega raadslid vir wyk 1 gedurende 2001 na die distriksmunisipaliteit geneem het om op hul Geïntegreerde Ontwikkelingsplan  te plaas. Talle skole en klinieke is op o.a. ons versoek deur die DA beheerde Wes-Kaap Provinsie in aanbou of voltooi. Academia is een van hulle. Die Spaces for Sport projek waarby ek en meneer Kat Myburgh van die begin af betrokke was. Dit is maar enkele voorbeelde.

C: Was jy ooit in die gemeenskap by organisasies of verenigings betrokke?

Ja, ek was op ‘n stadium voorsitter van die Toerisme Vereniging, ook vise-voorsitter van die Gemeenskapspolisie Forum, voorsitter van die Birkenhead Bootklub vir vyf jaar en ook President daarvan vir ‘n jaar. Ek het ook drie jaar deelgeneem aan die Melodrama en was ‘n stigterslid daarvan. Ek het ook in die NG kerk se koor gesing. Ek is ‘n stigterslid van die Spaces for Sport projek. Ek is ook ‘n lid van die komitee wat die Gedenkboek oor Gansbaai inisieer het en wat tans besig is om geskryf te word.                       

C: Wat beplan jy en Ans vorentoe?

Ons wil doen waarvan ons die meeste hou – ons is albei bosveld-kinders en verlang en mis die veld en natuur.  Ons gaan langer tye daar deurbing. Ons kamp graag  en is ook entoesiastiese voëlkykers. Ons het ook belange in die bosveld waar ons o.a. meer tyd wil spandeer (..die voordeel is, dis naby die Wildtuin.) Ek is lief vir diepseehengel en dalk kom dit ná meer as drie jaar weer aan die beurt.  Ons bly egter Franskralers al sal ons met lang tye weg wees. Ons sal ook meer tyd hê om ons kinders en kleinkinders te geniet. Ek is ook besig met ‘n boek oor my lewe en wil dit vir ons kinders nalaat.  Dit alles - gaan ons besig hou.

C: Het jy ‘n boodskap vir die gemeenskap?

Ons lewe in moeilike tye. Munisipaliteite word onbekostigbaar vir die gewone man. Ek is van mening dat  daar ‘n ander model van befondsing vir munisipaliteite ontwikkel behoort te word, veral ten opsigte van infrastruktuur. Onbefondste mandate sal ook dringend aangespreek moet word. Albei die kwessies word op verskillende forums aan die regering uitgewys. Daar gaan al meer druk op ons almal wees indien dit nie geskied nie. Dit moet ons nie negatief stem nie. Ons moet na die groter prentjie kyk en weet dat elkeen van ons ‘n verskil kan maak. Ons moet gaan stem, want dit is die enigste demokratiese weg om verandering teweeg te bring. Ons moet verseker dat  die regte party in beheer bly. Beleide, regulasies en wette word onderskeidelik op Plaaslike, Provinsiale en Nasionale vlak deur politici gemaak. Ons moet dit altyd onthou.  Ons is bevoorreg om in die beste provinsie en een van die beste munisipaliteite in die land te woon, juis omdat kiesers gaan stem het en daardeur verandering bewerkstellig het.

Ek en Ans het wonderlike ondersteuning deur die jare van die gemeenskap geniet. In al die verskillende wyke het ons goeie vriende gemaak – mense wat die lewe die moeite werd maak.  Daarvoor bedank ons almal, veral diegene wat altyd by die DA betrokke was en op wie se knoppie ons tydig en ontydig  kon druk. Ek bedank graag ook vir Ans wat dikwels alleen tuis moes bly en ook soms my frustrasies moes deel. ‘n Besondere dank ook aan ons Areabestuurder, mnr Kat Myburgh vir sy lojale ondersteuning. 

Ek en Ans neem met ‘n lied in ons hart afskeid met die wete dat ons, as gewone mense en belastingbetalers, ‘n verskil probeer maak het. 

Scholtz aan die Woord

Francois de Jongh

Gansbaai Courant provides the Gansbaai community with the latest in news and interesting stories about and around the area.

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde - Arabella Wyne se Geurige Wyne

Gansbaai Wynproegilde se suksesverhaal het geen einde nie - die gilde groei van krag tot krag, met die een byeenkoms so gesellig soos die volgende een.

Gans-Berg Nuus / News
Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

Local Press and Media Foundation Open Day Hosted on 4 April 2024

On 4 April 2024, we invited local press and media for an informative Open Day. 

Grootbos Foundation
Easter Bunny Visit at Herberg aan See

Easter Bunny Visit at Herberg aan See

The Easter Bunny delighted everyone at Herberg aan See during the recent Easter weekend.

Herberg aan See
Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Overcoming Mental Mountains: Embracing Life's Beauty

Do you ever feel like life is a constant struggle? One step forward, two steps back, and you're exhausted before the week even starts?

Monthly Home Maintenance Tips

Monthly Home Maintenance Tips

Stay on top of home maintenance with these monthly tips.

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

Explore Duiwelsgat Hiking Trail near N०1 Harbour Way!

If you love hiking, you're in luck! N०1 Harbour Way is conveniently close to the breathtaking Duiwelsgat Hiking Trail, leading to Walker Bay Nature Reserve.

N०1 Harbour Way
See All Articles