Nasorgfasiliteit Fase twee

Nasorgfasiliteit Fase twee

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Dit is ‘n groot voorreg om almal op hierdie groot dag te verwelkom, met inisiatiewe wat etlike jare gelede reeds begin het,” het John van Rooyen, Bestuurder: Herberg-aan-See (HaS) tydens die opening van die tweede fase van HaS se Nasorgfasiliteit op Woensdag, 17 September 2014 gesê. Ds Willie Kotze het die plegtigheid gepas geopen, met die voorsitter van die Beheerliggaam, Joe Mangiagalli wat enkele woorde gespreek het. Hy het onder andere na die nuwe gedeelte as “gebruikers-vriendelik” verwys en ook sy dank teenoor John oorgedra vir sy aktiewe rol as bestuurder oor ‘n relatiewe kort periode. Suster Linda Meyer is gevra om die lintknip-seremonie te behartig. “Dit is vir my ‘n baie groot eer en voorreg om vandag hierdie lint te kan knip, aangesien ‘n 20-jaar lange droom vandag vir my bewaarheid is,” het sy gesê. Die eerste gedeelte van die Nasorgafdeling is op 6 Augustus 2009 deur wyle rdl Theo Beyleveldt, destydse Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, amptelik geopen. Daardie stap was ‘n jarelange droom van Suster Linda Meyer, personeellede, Beheerraadslede en veral ook lede van die destydse Pasiënte Bystandsfonds.

Gansbaai Pasiënte Bystandfonds het besef dat daar 'n behoefte in Gansbaai bestaan vir 'n bekostigbare versorgingsdiens aan chroniese- en terminaalsiek persone. Die wiele is aan die rol gesit en op 31 Augustus 2009 is die eerste pasiënt, mnr T Duckitt (86) van SOFCA in Hermanus tot dié fasiliteit toegelaat. “Fase 2 van hierdie fasiliteit is uitsluitlik vir permanente inwoners van Herberg-aan-See bedoel,” het John gesê. “Die waglys daarvoor het die noodsaaklikheid van hierdie behoefte beklemtoon.” Gedurende 2013 is 4 HaS inwoners permanent opgeneem, met die aanvraag daartoe wat intussen weer toegeneem het. “Die eerste gedeelte, met 4 beddens, is ook beskikbaar vir mense wat uit hospitale ontslaan word en tydelike versorging benodig,” sê John. “Dit is egter ook beskikbaar vir familielede wat tydelike rus nodig het met die versorging van hul bejaardes, of wat met vakansie wil weggaan teen billike tariewe, maar vir ‘n maksimum tydperk van 30 dae.” Flip Geldenhuys van Flip Geldenhuys Bouers is spesiaal bedank vir sy enorme bydrae tot die finalisering van die vertrek teen minimale kostes. John rig graag die volgende bedankings (alfabeties): Bestuur, Beheerraad en personeellede, donateurs en helpers oor vele jare heen, Flip Geldenhuys van Flip Geldenhuys Bouers, Gansbaai Courant, Gansbaai Marine (R10,000), Gansbaai Pasiënte Bystandsfonds van weleer, Martie le Roux (gordyne), NGK (Kersdienste-kollektes) en R & R Alimunium van Raymond en Roza Rabe. Navrae rakende HaS of die twee Nasorgeenhede, kan aan 028-384-0501 gerig word.

Hardus Botha

Nasorgfasiliteit Fase twee

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

1 Day to Christmas!

1 Day to Christmas!

And the craziness is slowly descending...

2 Days to Christmas: Self-Love

2 Days to Christmas: Self-Love

Take time in the day to check in with yourself, and encourage your children and spouse to do the same.

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

Season’s Greetings from the Grootbos Foundation Team

The team behind Grootbos Foundation's programmes wishes you a happy Christmas and festive season with your loved ones.

Grootbos Foundation
Refresh Your Home Décor This Season

Refresh Your Home Décor This Season

Ready to refresh your home this season?

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

Well-Maintained Tool and Equipment Hire in Gansbaai

At Coastal Hire Gansbaai, maintenance is more than just keeping our machines in top condition.

Coastal Hire Gansbaai
Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

Private Airport Transfers from Gansbaai to Cape Town

When it comes to airport travel, comfort, reliability and peace of mind matter. MNRJ Transport offers private airport transfers.

MNRJ Transport
See All Articles