Nasorgfasiliteit Fase twee

Nasorgfasiliteit Fase twee

GansbaaiCourant WhatsApp Nuus / News

 “Dit is ‘n groot voorreg om almal op hierdie groot dag te verwelkom, met inisiatiewe wat etlike jare gelede reeds begin het,” het John van Rooyen, Bestuurder: Herberg-aan-See (HaS) tydens die opening van die tweede fase van HaS se Nasorgfasiliteit op Woensdag, 17 September 2014 gesê. Ds Willie Kotze het die plegtigheid gepas geopen, met die voorsitter van die Beheerliggaam, Joe Mangiagalli wat enkele woorde gespreek het. Hy het onder andere na die nuwe gedeelte as “gebruikers-vriendelik” verwys en ook sy dank teenoor John oorgedra vir sy aktiewe rol as bestuurder oor ‘n relatiewe kort periode. Suster Linda Meyer is gevra om die lintknip-seremonie te behartig. “Dit is vir my ‘n baie groot eer en voorreg om vandag hierdie lint te kan knip, aangesien ‘n 20-jaar lange droom vandag vir my bewaarheid is,” het sy gesê. Die eerste gedeelte van die Nasorgafdeling is op 6 Augustus 2009 deur wyle rdl Theo Beyleveldt, destydse Overstrandse Uitvoerende Burgemeester, amptelik geopen. Daardie stap was ‘n jarelange droom van Suster Linda Meyer, personeellede, Beheerraadslede en veral ook lede van die destydse Pasiënte Bystandsfonds.

Gansbaai Pasiënte Bystandfonds het besef dat daar 'n behoefte in Gansbaai bestaan vir 'n bekostigbare versorgingsdiens aan chroniese- en terminaalsiek persone. Die wiele is aan die rol gesit en op 31 Augustus 2009 is die eerste pasiënt, mnr T Duckitt (86) van SOFCA in Hermanus tot dié fasiliteit toegelaat. “Fase 2 van hierdie fasiliteit is uitsluitlik vir permanente inwoners van Herberg-aan-See bedoel,” het John gesê. “Die waglys daarvoor het die noodsaaklikheid van hierdie behoefte beklemtoon.” Gedurende 2013 is 4 HaS inwoners permanent opgeneem, met die aanvraag daartoe wat intussen weer toegeneem het. “Die eerste gedeelte, met 4 beddens, is ook beskikbaar vir mense wat uit hospitale ontslaan word en tydelike versorging benodig,” sê John. “Dit is egter ook beskikbaar vir familielede wat tydelike rus nodig het met die versorging van hul bejaardes, of wat met vakansie wil weggaan teen billike tariewe, maar vir ‘n maksimum tydperk van 30 dae.” Flip Geldenhuys van Flip Geldenhuys Bouers is spesiaal bedank vir sy enorme bydrae tot die finalisering van die vertrek teen minimale kostes. John rig graag die volgende bedankings (alfabeties): Bestuur, Beheerraad en personeellede, donateurs en helpers oor vele jare heen, Flip Geldenhuys van Flip Geldenhuys Bouers, Gansbaai Courant, Gansbaai Marine (R10,000), Gansbaai Pasiënte Bystandsfonds van weleer, Martie le Roux (gordyne), NGK (Kersdienste-kollektes) en R & R Alimunium van Raymond en Roza Rabe. Navrae rakende HaS of die twee Nasorgeenhede, kan aan 028-384-0501 gerig word.

Hardus Botha

Nasorgfasiliteit Fase twee

Hardus Botha

Exciting news! GansbaaiCourant no longer publishes on paper, but distributes news and advertisements via the GansbaaiCourant WhatsApp news group to a readership of 2179 and growing! Join our group today to stay up to date with the latest happenings in Gansbaai and surrounds. Cost: R300 fo...

View Profile

What is Xplorio?

Xplorio is your local connection allowing you to find anything and everything about a town.

Watch the Gansbaai Video
Read More

Other Articles

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

Walker Bay Field Trip Inspires Grootbos Foundation Students

The Horticulture Students enjoyed a local nature/tourism field trip this week...

Grootbos Foundation
How Much of Yourself Have You Left Behind?

How Much of Yourself Have You Left Behind?

One of the greatest tragedies of living in a narcissistic relationship is that you don't lose yourself all at once.

Stanford Youth Complete Employability Training

Stanford Youth Complete Employability Training

These are the faces of 21 youths from Stanford who completed 3 days of Employability Training.

Grootbos Foundation
When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

When Your Dreams Become Too Dangerous to Dream

One of the quietest losses in a narcissistic relationship is not something you can see. 

A Creative Photography and Writing Challenge

A Creative Photography and Writing Challenge

Take a photograph of something that catches your attention.

Gansveer Poetry Group
R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

R4,800,000: 3 Bedroom House For Sale in De Kelders

Luxury in abundance, stylish open-plan home offers a peaceful lifestyle...

See All Articles