‘n Dag na Gansbaai Primêr se geskiedkundige eerste “Big Brag” op Vrydag, 12 September, het hulle teen WA Rossouw Primêr, Montaqu rugby en netbal gespeel. Die krete en liedjies wat die vorige aand aan die besoekers gesing is, is oorverdowend langs die sportvelde herhaal. Die dirigente en leerders het gewys dat Vrydagaand se “Big Brag” nie sommernet was nie, maar dat hulle dit behoorlik op en langs die sportvelde toegepas het.
Die 1ste span (o/13) rugbyspelers, het hul staal gewys deur met 62-17 te wen. Die dogters netbal 1ste span (o/13) was nie so gelukkig nie en het met 12-17 verloor. Met die res van die onderskeie spanne het dit eweneens goed gegaan, met die meeste van die wedstryde in die guns van Gansbaai Primêr: Rugby - o/8 (6-4); o/9 (20-20); o/11 (19-0). Netbal - o/9 (8-1); o/10 (3-7); o/11 (8-1); o/12 (8-0).
Oorkoepelend het Gansbaai Primêr dus goed gevaar kort na hul gesellige “Big Brag”-aand.
Hardus Botha